Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 41

••• •• G R A A N MA R K V O O R UI T SIGT E •• Grafiek 1. Die R/$-wisselkoers beweging. Grafiek 2. Die verskil tussen aanplantvoorneme en die finale oppervlakte skatting van witmielies (NOK). Grafiek 3. Verskil tussen die aanplantvoorneme en die finale oppervlakskatting van geelmielies (NOK). gaan word, kan bydra tot die berekende oordragvoorraad en op die einde van die dag die prys. Die NOK het veral die aanplan­ tingsvoorneme ten opsigte van die witmielies heelwat hoër aangepas teenoor die vorige seisoen, naam­ lik ’n 43,4% verhoging in opper­ vlakte. Die hoër witmielieprys en die vooruitsig dat die primêre wit­ mielieproduserende gebied mak­ liker sal kan plant hierdie seisoen. Die volgende grafiek dui die berekende verskil tussen die bere­ kende aanplantingsvoorneme en die finale oppervlakteskatting van die NOK ten opsigte van witmie­ lies aan. Vroeër jare was daar ’n Augustus en ’n November aan­ plantingsvoorneme en tans is daar net ’n Oktober aanplantingsvoor­ neme. Dit is duidelik dat die fina­ le oppervlakte wesenlik kan verskil van die aanplantingsvoorneme, soos die afgelope seisoen toe pro­ dusente nie kon plant weens die afwesigheid van reën. Indien die waarde negatief in die grafiek is, beteken dit die berekende aan­ plantingsvoorneme was kleiner as die werklike aanplanting. Die werklike aanplanting is oorspronk­ lik onderskat. Die berekende aanplantings­ voorneme vir geelmielies is met slegs 8.2% hoër aangepas. Die feit dat die tradisionele geelmieliepro­ duksiegebied nie soveel afgeskaal het die vorige seisoen nie en die laer geelmielieprys teenoor die witmielieprys, is die hoofredes. Die verskil tussen die historiese geelmielieaanplantingsvoorneme en die finale aanplantings word in die onderstaande grafiek aangedui. Daar was twee geleenthede waar die aanplantingsvoorneme redelik ver oorskat was, naamlik geduren­ de die sogenaamde nie-plantjaar van die 2005/06 seisoen en die afgelope seisoen toe dit, soos in die geval van witmielies, te droog was om al die geelmielies te kon plant. Die kontantprysbeweging van witmielies op Safex word in die grafiek 4 aangedui. Die tendens is opmerklik dieselfde as die R/$wisselkoers. Die sterker rand het baie nadelig op die prys ingewerk sedert Januarie 2016. Op hierdie stadium speel die verwagte kli­ maatsvooruitsigte en die wissel­ koers steeds ’n baie groot rol in die prysvormingsproses. Die onseker­ heid rakende die beskikbaarheid van veral witmielies het die kon­ tantprys daarvan met R500 per ton laat styg. Grafiek 5 dui die historiese verloop van die witmielieprys op Safex aan. Dit is duidelik dat die > VERVOLG OP BLADSY 40 SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 39