Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 39

••• •• A G R IW R UB EN R IE K EK •• Bestuur besteding van insette gedurende planttyd T een die tyd wat u hierdie berig lees het u hopelik reeds van die volgende aksies afgehandel: • lande voorberei vir plant; • klaar geplant; • laaste bespuitings vir die seisoen. Hierdie uitgawes verteenwoordig die grootste gedeelte van enige produsent se bedryfskapitaal oor ’n produksiejaar. Dit is daarom van kardinale belang dat ‘n nodige rekordhoudingstelsels in plek is om besteding per item te boekstaaf en te moniteer. Indien dit nie op rekord geplaas word, maak dit die ontleding van insette aan die einde van die seisoen moeilik. Beter rekords kan gehou word as dit op ’n gereelde basis deur planttyd gedoen word eerder as om einde Augustus te moet onthou hoe planttyd verloop het. Daar is vele maniere hoe rekord gehou kan word deur planttyd. Maak ’n lys van die insette wat gebruik word tesame met ’n lys van al die lande wat geplant word. Elke land kan sy eie boek hê wat ingevul word soos wat bewerkings plaasvind. Wanneer die laaste bewerking voor strooptyd klaar is, kan elke land se boek kantoor toe geneem en die inligting ingevoer word op die rekenaar. Dit sal verseker dat inligting meer korrek is as wat alles eers aan die einde van die seisoen verwerk word. Op die ou end maak rand en sent saak. Al die bogenoem­ de inligting moet aan die einde van die produksiejaar ontleed word om prestasie te meet. Die Landboudiensteafdeling by Senwes help boere met hierdie ontledings. ’n Platform is onlangs geskep op MySenwes wat die E-Buro ge­­ noem word. Boere kan geregistreer word vir toegang tot hierdie plat­ form en dan self alle syfers inlees. Die inligting sal dan verwerk word en met die boer bespreek word in die vorm van ’n verslag. Die idee is om bestuurstaatgedrewe inlig­ ting te genereer eerder as finansiële staat inligting. Kontak gerus die Senwes Landboudiensteafdeling indien u belangstel daarin om u boerdery se finansiële prestasie te ontleed. 37