Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 37

••• •• R UB R IE K •• Grafiek 2: Ondersteuningslyn vs Weerstandslyn. BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR. Grafiek 3: Ondersteuningslyn - Bewegende Gemiddeld (MA). BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR. dikwels verder dien as toekomstige weerstandsvlak (ondersteunings­ vlak). In hierdie geval sal ’n breek deur die vlak as verkoopsein (koopsein) dien. Let wel dat hierdie tipe analise nie in isolasie gedoen moet word nie, maar dat dit bevestig moet word deur ver­ skeie ander tegniese indikatore. Grafiek 2 is ’n grafiese illustrasie van ’n weerstandsvlak wat gebreek is en waar pryse die vlak dan weer as ondersteuning toets. Reguit lyne is wel nie die enigste manier om ondersteu­ningen weerstandsvlakke te bepaal nie. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die Bewegende Gemiddeld (MA)1. Die norm is dat ’n MA ’n natuurlike ondersteunings- of weerstandsvlak bied, en ’n breek deur die MA kan aandui op ’n ommekeer in ’n tendens. Let wel dat die geldigheid van die tenden­ sommekeer wel afhang van die gekose tydperk van die MA, asook die tydperk van die interval van die instrument onder observasie. Grafiek 3 is ’n grafiese illustrasie van ’n 100-dag MA wat as langter­ mynondersteuning dien. SLOT Deur slegs ’n redelike begrip te hê van die bostaande inligting, is u reeds ’n stappie voor die res. Dit is wel uiters voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan maak, aangesien ’n breek deur ’n langertermynondersteunings- of Die werking van die MA is reeds in ‘n vorige artikel bespreek. Sien Junie / Julie 2016 uitgawe van Senwes Scenario. 1 -weerstandslyn gewoonlik gekop­ pel kan word aan fundamentele vraag- en aanbodfaktore wat verander. Tegniese prysgrafieke bied analiste die geleentheid om die verhouding tussen vraag en aan­ bod visueel voor te stel en kan moontlike veranderings in die verhouding deur verskeie prys­ formasies aangedui word. Met ondersteunings- en weerstandslyne as basis, bestaan verskeie forma­ sies wat geanaliseer kan word om moontlike koop- en verkoopseine te genereer. Die komende artikels fokus op die interpretasie van die formasies. Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ’n groot verskeidenheid kommodi­ teite te bekom, skakel vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by [email protected]. SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 35