Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 36

•••• RUBR I E K Safex Scenario’s met Susari SUSARI GELDENHUYS INLEIDING Die Suid-Afrikaanse somerreën­ valgebied was die afgelope seisoen vasgevang in een van die ergste droogtes sedert die 1991/92 sei­ soen. Sommige analiste meen selfs dat die droë toestande vergelyk kan word met dié van 1972/73. Onlangse weervooruitsigte het egter aansienlik verbeter met die verwagte koms van ’n La Niña-seisoen, wat gepaard gaan met bo-gemiddelde reënval (en dus gewoonlik bo-gemiddelde opbrengste) vir Suid-Afrika. Onsekerheid rondom die realise­ ring van die goeie weervooruitsigte bestaan wel vir die komende sei­ soen en sal waarskynlik weer vola­ tiele markbewegings tot gevolg hê. Hierdie volatiele omstandighede bemoeilik goeie verskansings- en beleggingsbesluite vir alle mark­ deelnemers. Daar bestaan egter twee algemene hulpmiddels in die vorm van fundamentele analise en tegniese analise wat sal bydra tot ’n hoër waarskynlikheid van sukses wanneer so ’n besluit oorweeg word. Fundamentele analise en die basis van tegniese analise is reeds in vorige artikels bespreek, waar die vorige artikel gefokus het op die ontleding van verskeie prysfor­ masies. Die onderstaande artikel brei verder uit op die interpretasie van verskeie prysformasies, waar­ onder weerstands- en ondersteu­ ningslyne wat die basis hiervan vorm. 34 Grafiek 1: Tendenslyn – Ondersteuning- en Weerstandslyn. BRON: SAAMGESTEL DEUR OUTEUR. TENDENSE Tendenslyne is een van die een­ voudigste hulpmiddels in tegniese analise, maar word ook beskou as een van die belangrikste en mees algemeen gebruikte analises in die praktyk. Tendenslyne kan opwaartse, afwaartse en sywaartse markrigting aandui deur slegs ’n reguit lyn deur drie of meer punte op ’n grafiek te trek. Die verhan­ delingsperiode en tipe grafiek (lyn­ grafiek, kandelaargrafiek, ens.) van die instrument onder observasie kan wissel na gelang van die analis se spesifieke behoeftes. Grafiek 1 is ’n voorbeeld van 'n opwaartse tendens wat aangedui word deur ’n langtermynondersteunings- en -weerstandslyn. Hierdie tendense toon gewoon­ lik die wisselwerking tussen koper en verkoper aan. ’n Opwaartse tendens word gekenmerk deur hoër laagtepunte wat dan verder DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario ondersteuning bied indien ’n reguit lyn deur die laagtepunte getrek word. In hierdie geval is die kopers kragtiger as die verkopers. Die teenoorgestelde is waar in ’n afwaartse mark waar verkopers kragtiger is as kopers, wat lei tot laer hoogtepunte wat bereik word en dus dien die reguit lyn deur die hoogtepunte as weerstand. ’n Ewewig tussen kopers en verko­ pers dui gewoonlik op ’n sywaartse mark. ’n Verandering in die dina­ mika tussen kopers en verkopers word algemeen gesien in ’n onder­ steunings- of weerstandslyn wat gebreek word, en dus aandui dat die voorafgaande tendens nie gaan volhou nie. Vandaar die bekende gesegde deur Ed Seykota: The trend is your friend except at the end where it bends. In die geval waar ’n langerter­ mynondersteuningsvlak (weer­ standsvlak) gebreek word, sal dit