NUUS •••
•••••••
Imperial Isuzu Truck Centre :
Die amptelike voertuigborg van Nasie in Gesprek TV-reeks
NASIE IN GESPREK VERWELKOM MET TROTS VIR IMPERIAL ISUZU TRUCK CENTRE AS DIE AMPTELIKE VOERTUIGBORG VAN DIE NASIE IN GESPREK TV-REEKS , ‘ N PLATFORM WAAR LANDBOU KWESSIES BESPREEK WORD MET TALLE DENK LEIERS VAN VERSKEIE SEKTORE .
“ Imperial Truck Centre is aan die voor
punt van verkope en naverkopediens onder Isuzu-vragmotorhandelaars in die land ,” dit is volgens Le Roux Roux , Franchise Direk teur , en Ben Steenkamp , Verkoops bestuurder van hul Isuzu handelaar . Hier gaan Imperial Isuzu Truck Centre selfs nog verder voort met hul betrokkenheid by die reeks en is trots om met die immergewilde Nasie in Gesprekreeks geassosieer te word .
Meer oor Imperial Isuzu Truck Centre
MARKLEIER MET TALLE TOEKENNINGS Hul vragmotorverkope is groot en verteenwoordig 12.75 % van Isuzu se nasionale verkope met 4 346 eenhede in 2015 . Dié prestasie het aan Imperial Truck Centre Isando die toekenning as 2015 Topvolumehandelaar besorg , met die verkoop van 554 eenhede , sowel as die eerste en twee plekke vir die beste verkoopspersone . Bronwyn Andrade het die toeken ning as beste handelaarbestuursbeampte ingepalm met Elzahn Heyns die tweede plek . “ Ons is trots op die prestasies van ons Isando handelstak , veral ons twee verkoopspersone . Hul harde werk spreek duidelik uit dié resultate ,” sê Roux .
BEKOSTIGBARE HANDELSMERK Roux hou vol dat “ meer bekostigbare ” handelsmerke ’ n toename sal toon soos klante meer prysbewus raak .
TRANSMISSIE Daar is ’ n neiging om geoutomatiseerde handtransmissiestelsels aan te skaf . Die AMT het ’ n omwenteling in die voertuigvlootmark begin met Roux en Steenkamp wat bevestig dat 75 % van die vragmotors wat hulle verkoop , met AMTtransmissiestelsels toegerus is . Die voordele is vanuit ’ n bedryfstydperk- asook kostebesparende perspektief bewys en dié stelsels vereis minder instandhoudingstyd .
“ Staantyd bly ’ n belangrike faktor en dit is waarom kliënte hulle na Isuzu Trucks wend vir ’ n betroubare oplossing wat tyd en geld bespaar ,” sê Roux . Baie van die mediumreeks vragmotors van Isuzu is met ’ n AMT-transmissiestelsel toegerus en dit bly ’ n leier met ’ n dravragkapasiteit van 2.5 tot 8 ton . By die AMT-model gebruik die bestuurder nie ’ n koppelaarpedaal by wegtrek , ratte verander of stilhou nie . Slegs ’ n rathefboom , ver snelpedaal en rempedaal word ge bruik en dit bespaar duisende rande . Dit help om op beide outomatiese of handratwyse te bestuur en skakel koppelaarmisbruik uit .
KLIËNTEDIENS IS TOPS Die vragmotorwerkswinkel van
Imperial Truck Centre Isando en GM Isando kan 15 vragmotors per dag versien of herstel met die werks winkel wat tot 40 voertuie per dag kan hanteer . “ Die sentrum het ’ n omvattende onderdeleafdeling met R6 miljoen se onderdele en bied ook 24-uur padbystand aan ons vragmotorklante ,” voeg Roux by .
Die handelaar in Bloemfontein kan 25 vragmotors per dag versien . Die werkswinkel is oop op Saterdae , indien dit vooraf gereël word , en onderdele van R1.5 miljoen word in voorraad gehou . Hulle lewer onderdele binne die Bloemfonteindistrik af .
Roux en Steenkamp is vol vertroue dat Isuzu trokke die gesogste vragmotors in Suid-Afrika sal bly . “ Ons het onsself as ’ n betroubare handelsmerk binne die vlootsektor gevestig en toon jaar ná jaar groei . Diens is die middelpunt van ons onderneming , wat in ooreenstemming met die kernwaardes van Isuzu is .”
Vir enige navrae besoek die webwerf www . imperialtruckcentreisando . co . za of skakel 011 974 3001 .
SENWES Scenario • DES 2016 / JAN 2017 33