Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 33

••• •• HA N D E L SN UUS •• Senwes Groep verbeter op toonaangewende aantekenproses MOEG OM ‘N MAGDOM GEBRUIKERSNAME EN WAGWOORDE TE ONTHOU? WAT VAN EEN IDENTITEIT WAT JY OP AL DIE VERSKILLENDE PLATFORMS KAN GEBRUIK? ONEAGRI IS DIE ANTWOORD! www.senwes.co.za Besoek ook gerus ons webwerf by www.senwes.co.za en kyk uit vir groot veranderinge vanaf Januarie 2017! NUUSBRIEF Teken in op al ons nuusbriewe en kry die leefstof wat jy van hou. Besoek http://www.senwes. co.za/teken-in YouTube | @senwestv http://senwes.co/youtube WAT IS ONEAGRI? OneAgri is ’n registrasieproses waar elke klant/gebruiker een identiteit/ profiel kry waarmee hy op verskeie platforms in die Senwes groep kan aanteken. Gebruikers se selfoonnommer is hul sleutel en verskeie magtigingsmetodes (wagwoord, PIN-kode, OTP) word dan hiermee saam gebruik om onder meer transaksies te magtig, kontrakte te teken en toegang te verkry tot markinligting. WAT IS DIE VOORDELE VAN ONEAGRI? Een identiteit oor verskeie agri-platforms Een keer aanteken vir verskeie platforms Verskillende magtigingsmetodes Gebruikers- en selfoonvriendelik WATTER PLATFORMS WORD DEUR ONEAGRI GEDRYF? Tans gebruik AgriRewards, Hinterland en Nasie in Gesprek reeds hierdie gerieflike funksiona­ liteit. Tradevantage en MySenwes sal in die nabye toekoms ook deur OneAgri gedryf word, wat beteken dat dieselfde aantekenbesonderhede dan ook op dié platforms gebruik kan word. WAT GEBEUR NOU MET MY HINTERLAND ONEID PIN? In 2015 het Hinterland ‘n PINregistrasie in werking gestel wat klante bemagtig het om rekening­ aankope en rekeningbetalings met ‘n PIN-kode by enige Hinterland tak te doen. Hierdie PIN kan ook gebruik word om afhanklikes aan jou rekening te koppel, wat dan elk 'n unieke PIN ontvang om aankope namens die rekeninghouer te doen. Hierdie PIN is gekoppel aan ‘n OneID wat klante oor verskeie platforms in die Senwes groep kan gebruik. OneID se naam verander dus en sal voortaan as OneAgri bekendstaan. Klante/gebruikers sal ook in die toekoms dieselfde PIN-kode wat hulle tans tydens aankope by Hinterland gebruik, op enige van die ander platforms wat gedryf word deur OneAgri kan gebruik. SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 31