Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 30

•••• HA N D E LSN U U S TAKBESTUURDER POTCHEFSTROOM Ruan bring kleur en geur na Potch AUBREY KRUGER L ouis Leipoldt skryf, “Dit is die maand Oktober! Die mooiste, mooiste maand!” Dit is ook die geval met Ruan van der Merwe, wat in die einste Oktobermaand as takbestuurder by die Hinterlandtak in Potchefstroom aangesluit het. Vir Ruan het Oktober talle mooi herinneringe en hy sal nes Leipoldt se pen, talle geure na dié tak bring. Hy is op 24 Oktober 1984 gebore en 24 jaar daarna, op 4 Oktober 2008, met sy vrou Hannelie getroud. Hy het ook in die lente van 2012 in die landbousektor begin, waar hy afdelingshoof by Afgri in Middelburg was. In die lente van 2013 word hy takbestuurder by Ogies, voordat hy vanjaar op 3 Oktober as takbestuurder by Potchefstroom begin werk het. Benewens die laaste vier jaar, waarvan hy drie jaar ’n takbestuurder was, het hy ander bestuurservaring opgedoen as bestuurder van hulle familiebesigheid, Die Koperketel Bakkery en Restaurant, en was hy ook vir twee jaar takbestuurder by GC Coatings werksaam. Dan is hy ook in besit van ’n Nasionale Diploma in Besigheidsbestuur. Die Kroonstad-gebore Ruan is ’n Middelburgman en het by Laerskool CR Swart en HTS Middelburg gematrikuleer. Hy en sy vrou Hannelie het twee spruite Ruané (6) en Simoné (15 maande). Hy is bewus van die uitdagings wat op hom wag maar hy pak die geleentheid met beide hande aan – “Ek gaan gebruik wat ervaring my geleer het, naamlik dat die maklikste manier om jou personeel te laat werk, is om self hard te werk. Jy moet personeel net bestuur, en as voor­ beeld lei.” Die Besturende Direkteur, Daan Bronkhorst, het volle vertroue in hom: “Ruan het reeds bewese sukses by Ogies behaal en ek weet wat die waarde is wat hy tot die Potchefstroom tak kan voeg.” Ruan van der Merwe is die nuwe takbestuurder van die Hinterlandtak in Potchefstroom. 28 DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario Ken jou Certisure personeel NICO VAN DEN HEEVER AUBREY KRUGER WAT DOEN JY BY CERTISURE? Ek ’n bemarker/makelaar en doen beleggings vir lede van die Senwes Sambreelfonds, asook afgetre­ denes, bestuur fondse op lewende annuïteite, doen diskresionêre fondse by Allan Gray en talle ander dinge. HOE HET JOU LOOPBAAN TOT NOU GEVORDER? Ek het as bemarker by Sanlam begin en het daarna by Trustbank as bankmakelaar aangesluit. Toe is ek terug na Sanlam, as takbestuurder en onafhanklike makelaar tot 2010, waarna ek by Certisure begin het. WAAR IS JY GEBORE EN WAAR HET JY SKOOLGEGAAN? Odendaalsrus gebore en skoolgegaan by Odensia Laerskool in Odendaalsrus en Hoërskool Sentraal in Bloemfontein. WAT WAS JOU PLANNE NA SKOOL? 'n Beurs vir medies is op registrasiedag na meganiese ingenieurswese verander. Toe kom Sanlam in die prentjie in my tweede jaar en... HOE SIEN JY JOU TOEKOMS BINNE DIE MAATSKAPPY? Ek lewe en werk met oorgawe en geniet elke dag. Dis ’n fees hier! WAT IS DIE BESTE RAAD WAT JY AAN KLIËNTE SAL GEE? Verstaan spaar en praat met iemand wat waarde vir jou kan toevoeg. WAT DOEN JY IN JOU VRYETYD? Het baie jare gholf gespeel. Nou is dit net fotografie, fiets en gym. FAMILIE? Ek is met Anel Christine (Meisie) getroud. Sy het in atletiek en swem presteer en nasionaal teen Karen Muir meegeding. Arno is my seun, die eienaar van Health Studio in Klerksdorp, en ek het twee klein­ kinders, Dian en Denel.