Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 28

•••• HA N D E LSN U U S Hoe het graanhantering oor tyd verander? DEEL I IN DIE LANDBOU­WEEK­ BLAD VAN 11 JULIE 2016 HET DIE VOLGENDE BERIG MET ’N FOTO VERSKYN: “ ’N BERG VAN 64 000 SAKKE MIELIES VAN DIE CENTRAAL WESTELIKE KOÖPERATIEWE LANDBOUVERENIGING OP DIE SPOORWEGHALTE AMERIKA NABY KROONSTAD.” Landbouvereniging (SWK) ongeveer 27 000 ton mielies ont­ vang en het die mielies wat by die sakdepot in Amerika gelewer is, ongeveer 20% van die totale SWK-oes uitgemaak. Dit was op daardie stadium die hoofmielie­ produksiearea in die Senwes gebied en dit is ook die rede dat die eerste handelstak in 1939 op Heilbron opgerig is. Mielies is daardie jaar met wa en osse na die sakdepot toe aangery. Die imperia­ le sakke van 90 kilogram is op ’n sakpakker se kop geplaas en hy het op ’n plank geloop tot waar hy die sak moes plaas in die mieliestapel. Die mieliestapel is gepak soos die ou piramides in Egipte volgens oorlewering gebou is. Daar is ’n skuinsbaan op die kant van die mieliestapel gelos waarop planke geplaas is. Die mielies is dan op die baan, wat reg om die stapel geloop het, gedra en geplaas waar dit in die stapel inpas. Die stapel op die voorgrond is klaar gepak en die baan wat oopgelos is om op te loop, is opgevul. Indien die stapel verspoor moet word, word dan weer begin om die loopbaan oop te maak totdat die top van die sta­ pel bereik word. Die metode van mieliestapels pak het in die meeste gevalle tot die vroeg sestigerjare aangehou. THYS GROBBELAAR SENIOR GRAANANALIS, SENWES GRAINLINK V olgens Saunders (1930) in Maize in South Africa was Kroonstad die distrik wat die meeste mielies in die hele SuidAfrika geproduseer het. Volgens Saunders het die distrik Kroonstad gemiddeld 856 096 sakke van 90 kg elk per seisoen geproduseer vir die periode 1923 tot 1927. Dit was ’n produksie van 590 kilogram per hektaar in metrieke terme. Die distrik wat die naaste aan Kroonstad gekom het ten opsigte van mielieproduksie was Bethal, met 666 375 sakke gemiddeld per seisoen. Met die lees van die berig gaan mens se gedagte terug in die geskiedenis en begin jy dink oor hoe dinge oor tyd verander het. In die betrokke seisoen het die Centraal Westelike Koöperatiewe Suid-Afrika het in 1909 aktief tot die mielie-uitvoermark toege­ tree, met Argentinië een van sy grootste konkurrente. Die uitvoer­ bestemmings was hoofsaaklik Engeland en Europa. Met die 90 kilogram sakke was die hele uitvoerpoging ’n absolute frustre­ rende proses, soos meegaande foto duidelik uitbeeld. Hier word 90 kilogram sakke van ’n spoorweg­wa op ’n skip oorgelaai. Hou die volgende Senwes Scenario dop vir Deel II van die artikel. 26 DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario