Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 27

••• •• HA N D E L SN UUS •• ’N GRAANBEMARKINGSADVISEUR MET DIE VOLLE PAKKET Herman is jou Senwes Man AS JY NOU AL OOIT ʼn SENWESTER GESIEN HET WAT UIT SY PAD GAAN OM WERKLIK DAAR VIR KLANTE TE WEES, DAN MOET HERMAN DE JAGER SE NAAM SEKERLIK EEN VAN DIE VOORSTE NAME WEES. E n hy gee regtig sy alles. Om mee te begin - die aroma van koffie wanneer jy sy kantoor binnestap. ’n Yskas vol yskoue koeldrank, ’n koel en vars kantoor met die beste lugreëling. Dit is wat jy kry as jy jou eerste tree binne hierdie graanbemarkingsadviseur se kantoor gee. En dis alles spesiaal net vir jou! Dit sal nou die inleiding van ’n goeie artikel wees. En die w’s van die artikel oor wie, wat, waar, wanneer en waarom dinge ge­beur, gaan alles net oor die klant. En dan moet daar ook ’n bietjie vleis bygevoeg word soos my oud-dosent, Elsabé Pepler, by die Universiteit van die Vrystaat sou sê. Daar besef jy dat dit nie net uiterlik vir jou voel of Herman sy produsente op die hande dra nie, hy IS klantediens. Hy gaan uit sy pad om al die verskillende per­ soonlikhede van produsente te leer ken met wie hy te doen het – “Jy moet hulle elkeen persoonlik ken en deel van elkeen se besigheid word. Indien jy dit regkry, is dit soveel makliker om sy behoefte te kan bepaal. In kort: Jy moet saam met die produsent groei.” Dié lekker kantooratmosfeer herskep hy op die plaas óók. Herman versinnebeeld diens. Hy is daardie ou wat met sy koelhouer vol koue koeldrank rondry en aan produsente uitdeel. Dan is ware warm geselskap nog een van sy eienskappe – “Ek klim saam met hulle in die planter en stroper.” Die kruks is dat hy verder as die res gaan. Hy onthou hoe hy al baie saam met produsent Uys van Heerden in sy Cruiser saam met sy wolf­ hond, Ben gery het. En dan soos in meeste berigte volg die komplimenterende inligting om die finale knoop deur te haak. Herman het dan ook jarelange ondervinding as landboutegni­ kus, presisieboerderyspesialis en graanbemarkingsadviseur. Die slot! Dit is wat Herman so ’n goeie Senwester maak. En dit kan net lekker wees vir die produsente van Odendaalsrus, Allanridge en Losdoorns wat onder hom val, asook ’n gedeelte van Tierfontein wat hy saam met Senior Graanverkryger, Danie Pretorius, hanteer. En hy kan hom nie net wegskeur van sy klante nie. Volgens hom raak dit moeilik om weg te kom as hy eers op een van sy produsente se plase is. En as jy dink dat jy alles net so kan ‘copy en paste’ en toepas, helaas is dit nie so maklik nie. Jy moet Herman wees, en niemand kan hierdie Herman wees nie. Net Herman kan hier jou Senwes man wees. ’N BIETJIE MEER OOR HERMAN • Hy is 31 jaar oud • Getroud met Lenie • Gebore in Reivilo • Grootgeword in Jan Kempdorp en Hoopstad • Hy het haker gespeel vir die Puk O/19 span. Vom Eisenwacht Rottweilers KUSA Reg. 1028906 Ons teel met die eerste generasie afstammelinge van top bloedlyne, wêreldklas werkhonde, asook ingevoerde bloedlyne. Albei ouers het HD en ED gesondheidsertifikate. Bespreek jou hond nou: [email protected] Ernst : 084 9151 459 SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 25 www.rottweilerza.co.za