Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 23

•••••••
HANDELSNUUS ••• waterhouvermoë , gronddiepte , en hidroulise geleivermoë .
2.4 Gewasveranderlikes Gewasdigtheid ; planthoogte , plantvoeding ( N , P , K , Ca , Mg , C , Fe , Mn , Zn , en Cu ); plantwaterstremming ; plantbiofisiese eienskappe , blaarareaindeks ( BAI ) onderskepping , fotosintetiese aktiewe bestraling en biomassa ; plantblaarchlorofil inhoud en graankwaliteit .
2.5 Ander veranderlikes Onkruid , insekplae , nematodes , siektes en meganiese skade deur weer .
2.6 Bestuursveranderlikes Bewerking , bemesting , gewaswisseling , onkruiddodertoediening , besproeiing , ens .
BESTUUR EN WINSGEWENDHEID VAN VERANDERLIKES Presisieboerderyrekordhouding sal die boer toelaat om die verspreiding van kunsmisstowwe en chemikalieë meer akkuraat toe te pas wat insetkoste sal verminder en opbrengste verhoog . Om bogenoemde meer prakties te verduidelik is dat presisieboerdery die bestuurder toelaat om boerderyaktiwiteite meer akkuraat te kan noteer en te verander . Dit staan bekend as veranderlikheidsbestuur . Die bestuur van veranderlikes kan op twee maniere toegepas word , naamlik deur ’ n kaartgebaseerde benadering en ’ n sensorgebaseerde benadering .
Die kaartgebaseerde benadering is gewoonlik makliker om toe te pas en is gebaseer op die volgende :
• Roostersteekproefneming van die land .
• Laboratoriumontledings van die grond .
• ’ n Spesifieke kaart van grondtipes , opbrengs , ens . van ’ n land .
• Die gebruik van hierdie kaartgebaseerde benadering om veranderlikekoerstoediening toe te pas .
Die sensorgebaseerde benadering konsentreer meer op die direkte plant- en grondeienskappe en is gebaseer op die volgende :
• Werklike tydsensors .
• Die gebruik van hierdie werklike tydsensors wat fisies in die land geplaas is om veranderlikekoerstoediening toe te pas .
Die gebruik van hierdie metodes , ongeag die benadering wat gevolg kan word , bied ’ n betroubare instrument vir die bepaling van landbourisiko asook die skedulering van alledaagse boerderyaktiwiteite .
Die direkte ekonomiese voordeel wat verband hou met die toepassing van presisieboerdery op plaasvlak is gewoonlik moeilik om te bereken . Daarom is dit van kardinale belang om die winsgewendheid wat presisieboerdery kan inhou op ’ n geheelplaasbasis te meet en nie as individuele bedryfsvertakkings nie .
Wat daarmee bedoel word is dat al die boerderyvertakkings en hulpbronbeperkings waar presisietegnologie toegepas word , in berekening gebring moet word . Hierdeur sal die gebruik van presisieboerderytegnologie moontlike maksimale winspotensiaal wys , asook die potensiaal om risiko te verminder .
Boere kan ’ n ekonomiese analise doen , gebaseer op die variasie van oesopbrengs om ’ n akkurate bepaling van hul risiko te verkry . Byvoorbeeld , die boer kan vasstel dat 70 % van die tyd sal 75 % van die hawer op ’ n spesifieke land ’ n opbrengs van 3,8 ton per hektaar lewer . Indien die boer weet wat sy insetkoste per hektaar is , kan hy vooraf ’ n meer akkurate winsmarge per hektaar bereken .
Hierdie voordele gaan gepaard met die akkurate rekordhouding wat presisieboerderytegnologie moontlik maak .
Vir verdere inligting kontak Vossie per epos by lfvanstraaten @ gmail . com .
* Vossie van Straaten is ‘ n meestersgraadstudent in Grondkunde . * Luan van der Walt is ʼn ekonoom by
Graan SA .
SENWES Scenario • DES 2016 / JAN 2017 21