Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 - Page 22

•••• HA N D E LSN U U S BESTUUR VAN VERANDERLIKES IN ’N BOERDERYSISTEEM met behulp van presisieboerdery BOERDERYPRODUKSIE­ SISTEME HET GROOT VOORDEEL GETREK UIT DIE ONTWIKKELING EN VOORUITGANG VAN TEGNOLOGIE WAT IN ANDER BEDRYWE ONTWIKKEL IS. MET DIE HUIDIGE TEGNOLOGIE EN PRODUKSIESISTEME WAT TOT ONS BESKIKKING IS, KAN LANDBOU BAAT UIT MEGANISASIE, SINTETIESE EN ORGANIESE KUNSMISSE, GENETIESE INGENIEURSWESE EN OUTOMATISERING. MET HIERDIE TEGNOLOGIE KAN ALLES GEÏNTEGREER WORD OM DIE VOORUITGANG VAN PRESISIEBOERDERY TE VERSEKER. 20 HENFRED LINDE, *VOSSIE VAN STRAATEN EN LUAN VAN DER WALT UV, DEPARTEMENT LANDBOUEKONOMIE EN GROND- EN GEWASWETENSKAPPE P resisieboerdery hou ver­ band met die bestuur van grond- en gewasveranderlikes. Die groot skaal waarop boere vandag boer, maak dit moeilik om veldverander­likes in ag te neem. Met die ontwikkeling van tegnolo­ gie is dit nou moontlik om die veranderlikes doeltreffend en wins­ gewend te bestuur. Die hele idee van presisieboer­ dery in landbou is lae insette, hoë doeltreffendheid en volhoubaar­ heid. Hierdie benadering word moontlik gemaak deur Globale Posisioneringstelsels (GPS), Geografiese Inligtingstelsels (GIS), miniatuur rekenaarkomponente, outomatiese beheer, in-veld- en afstandswaarneming, mobiele rekenaars, gevorderde inligting­ verwerkingsvaardighede en telekommunikasie. Met hierdie tegnologie kan data oor ruimte en tyd versamel word om opbrengs en winste te verhoog. Boere is steeds onseker of hulle presisieboerderystelsels in diens DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario moet neem. Die motivering vir hierdie stelsel mag kom van omge­ wingswetgewing, openbare kom­ mer oor die oormatige gebruik van landbouchemikalieë en ekono­ miese winste uit verminderde landbou-insette en verbeterde plaasbestuur. Na alles sal die suk­ ses van presisieboerderytegnologie gemeet word deur ekonomiese en omgewingswinste. VERANDERLIKES IN ’N BOERDERYSISTEEM Veranderlikes wat ’n betekenisvolle invloed op landbouproduksie het, kan in ses groepe verdeel word. 2.1 Opbrengsveranderlikes Histories en huidige opbrengsver­ spreidings. 2.2 Veldveranderlikes Topografie: Onder meer hoogte bo see­spieël, helling, aspek, terras, nabyheid aan strome en vleie. 2.3 Grondveranderlikes Grondvrugbaarheid: N, P, K, Ca, Mg, C, Fe, Mn, Zn, en Cu; Grondfisika, tekstuur, digtheid, elektriese geleiding, voginhoud, meganiese weerstand; grond­ chemie pH, organiese materiaal, brakheid, KUK; plantbeskikbare