Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 20

•••• NUUS Graan SA vereer Senwes opkomende produsente Simon Tefo en Herbert Mabuza ontvang toekennings GRAAN SA HET TWEE OPKOMENDE SENWES PRODUSEN­TE, SIMON TEFO EN HERBERT MABUZA VAN DIE SENWES STAL, VEREER TYDENS 'N GLANSFUNKSIE IN BLOEMFONTEIN AS DEEL VAN DIE SUKSES VAN HUL ONTWIKKELINGS­ PLAN VIR OPKOMENDE PRODUSEN­TE. AUBREY KRUGER EN ALZENA GOMES S imon Tefo het ’n toeken­ ning by die funksie, wat deur meer as 250 gaste en 160 opko mende boere bygewoon is, ontvang vir die feit dat hy ampte­ lik ’n lid geword het van die 500 ton klub. Die 57-jarige Simon het gesê dat dit die eerste keer is waarop hy op die wyse vereer is. Hy het daarop gewys dat hy eintlik 1 100 ton graan in 2016 geproduseer het, na slegs vyf jaar se landboubetrokkenheid. Hy boer onder die naam Knockout Trading and Projects en het aan Senwes vertel dat hy eintlik ’n groentjie by die funksie was. Hy weet egter nou hoe dit werk en is meer vasberade as ooit om weer in te skryf: “Ek is gemotiveerd om weer in te skryf en die kompetisie teen 2018 te wen, Ek gaan daardie trekker wen.” Simon het ook die 18 opmerking gemaak dat hy weet dat hy ’n verbete poging sal moet aanwend en hy erken dat hy nog baie moet leer. Herbert Mabuza is ook vir die eerste keer vereer. Hy het lid geword van die 250 ton klub. Herbert, ’n gerekende joernalis en redakteur van vroeër jare, het hierdie mylpaal bereik na slegs vier jaar se boerdery op die plaas Blaauwbank, waar hy in 2013 begin boer het. Die 67-jarige sê dat hy die 250 ton merk mak­ lik bereik het aangesien hy ’n totaal van 460 ton geproduseer het en daarmee amper lid van die 500 ton klub geword het. Volgens hom is hy egter effens benadeel, veral deur die droogte en sy plant­ er, maar hy kan nie werklik kla nie. Simon en Herbert is beide van die Randfontein gebied en het hul toekennings van die onder­ voorsitter van Graan SA, Preline Swart, ontvang. Alhoewel hulle 500 ton klub! Senwes produsent Simon Teffo en Remember Mthethwa met hul sertifikate. 250 ton klub! Nog 'n Senwes produssent, Herbert Mabuza, is vereer as lid van die 250 ton klub. Hier is Herbert saam met Sizwe Ngwenya, Edwin Mahlatsi en Vuyani Lolwane. DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario