Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 11

••• •• A RE A F O KUS ••  Die Goue jaar! Welkom se laaste groot jaar was in 1997 met die 50-jaar feesvieringe. Die 75-jaar vieringe is in 2022. Flaminke is nog ’n kenmerk van die streek. RUGBY Die streek se hoop is op die Grif­ fons. Die feit dat rugby so groot in dié stad is, is danksy Dok Danie Craven, wat rugby in 1968 na die kleiner streke uitgebrei het. Hulle staan ook bekend as die Perses en in die verlede is hulle ook die Pur­ ple People Eaters genoem. SPORTLEGENDES Comrades Koning - Louis Massyn Louis Massyn het al die meeste agtereenvolgende Comrades medaljes ooit verower (44) en gaan in 2017 die Comrades rekord (45) ewenaar. Daarbenewens het hy ook die meeste Twee Oseane Marathons (41) gehardloop. Hy is ook die enigste persoon ooit wat meer as 40 Comrades en 40 Twee Oseane voltooi het. Rugbyreuse - Seabelo Senatla Seabelo Mohanoe Senatla is die pasgekroonde 2016 wêreld sewes rugbyspeler van die jaar. Hy mag dalk ’n Stormer wees maar hy is ’n produk van Riebeeckstad Hoër­ skool. Ander rugbysterre van die stad is Wynand Olivier, Hannes Strydom en CJ van der Linde. Nog sportsterre van Welkom is  krieketspelers Brian McMillan en Dean Elgar en sokkersterre Lerato Manzini en Paseka Sekese. Interessante bakens DIE TELKOM TORING Die welbekende Telkom toring is 107 meter hoog en is in 1965 ge­bou, wat dit 51 jaar oud maak. KLOKTORING Die Kloktoring by die Burgersen­ trum is nog ’n bekende baken en jy klim amper 200 trappies tot heel bo. MIELIESTAD Vanweë die hoë watertafel is mie­ lieproduksie aan die voorpunt. Welkom vorm deel van die mielie­ driehoek. Lewende marathon legende! Louis Massyn het al meer as 40 Comrades en 40 Twee Oseane marathons voltooi. ’n Ongeëwenaarde rekord.   HINTERLANDTAK IN DIE STAD Takbestuurder JD du Plessis noem dat die Welkom Hinterlandtak met sy 25 personeellede sy deure reeds in Augustus 2009 geopen het en uit die Odendaalsrus tak gegroei het. Die tak akkommodeer ook ’n Nedbank tak wat klante­ diens lewer. > VERVOLG OP BLADSY 10   Die Welkom Hinterlandtak waar JD du Plessis die takbestuurder is.  Die wêreldberoemde Phakisa renbaan.  Die bekende kloktoring in Welkom waar jy amper 200 trappies moet klim tot heel bo. SENWES Scenario • DES 2016/JAN 2017 9