Senwes Scenario Desember 2016 / Januarie 2017 | Page 10

•••• AREA F OK U S WELKOM In Sirkels! “OOR 400 METER BY DIE SIRKEL, NEEM DIE DERDE UITGANG.” DIT IS MY GPS SE OMSKRYWING VAN WELKOM, PERFEK IN ’N ENKELE SIN SOOS JY PROBEER OM DIE ONGEVEER 33 GROOT SIRKELS IN DIE STAD TE NAVIGEER. G’N WONDER DIE STAD STAAN AS DIE STAD VAN SIRKELS BEKEND NIE! DAN MET DIE MOOI TUINE OP DIE SIRKELS, ELLELANGE PALMBOME EN PRENTJIEMOOI LIGPERS JAKARANDAS KAN MENS VERSTAAN HOEKOM HULLE “‘N STAD BINNE ‘N TUIN” IS. AUBREY KRUGER GESKIEDENIS Welkom is op 15 April in 1947 gestig en 21 jaar later is Welkom as ’n stad verklaar. In die laat ne­ gentigerjare is die 50-jaar vieringe gehou en daar sal sekerlik groot ma­kietie gehou word in 2022 wanneer die goudstad (ironies) sy 75-jarige diamantviering sal hou. TORNADO EN AARDBEWING Die meeste van ons onthou 1990 as die jaar toe Nelson Mandela vrygelaat is. Maar die jaar het baie ander herinneringe vir dié inwo­ners. Op 20 Maart 1990 is Welkom deur ’n tornado getref, ’n magiese 240 km lange, 1.7 km breë storm. Later daardie jaar, op 26 September, is die stad deur ’n aardbewing van 4.2 op die Rich­ terskaal geruk. MINIMUM STOPSTRATE EN VERKEERSLIGTE Die rede vir die minimum stop­ strate en afwesigheid van verkeers­ ligte en parkeermeters is om glad­ de verkeersvloei te bewerkstellig sodat min tyd verlore gaan. Dit was die breinkind van Oupa Op­ penheimer, ’n sirkelsisteem wat van Europa afkomstig is. GOUDSTAD ’n Goudstad is dit beslis want nage­noeg 21% van die vrye wêreld se goudverkope is van hierdie area. Sportstad PHAKISA Phakisa is die wêreldbekende ren­ baan van 4.24 km. Dit het ook ’n 2.4 km ovaalbaan en is eintlik ’n replika van die Las Vegas Motor Speedway in die VSA. Pers jakandas kleur die stad van Welkom in. 8 DES 2016/JAN 2017 • SENWES Scenario