Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 65

KO MPE T ISIE ••• Die Somertuin!! WEN met IN DIE SOMERMAANDE SE HITTE MOET ONS SOVER MOONTLIK WATER BESPAAR. O m dit reg te kry en steeds ‘n pragtige tuin te hê, is die gooi van dik deklae onder jou struike van die uiterste belang. Dit veroorsaak dat so min moontlik water verdamp en die grond langer nat bly. Dit hou ook die plante se wortels koel en verminder onkruidgroei. Maak ook seker jou besproeiingstelsel is reg ingestel vir die tyd wat jy weg is met vakansie. Die volgende is nou belangrik: 1. Sny die gras gereeld om wit kolle te voorkom waar die lang gras gesny word. Voed gereeld met kunsmis hoog in stikstof, soos Wonder 7:1:3 2. Ryp vrugte en groente moet gereeld geoes word. Vrugte wat afval en onder die bome lê, verrot en kan tuinplae lok wat nadelig is vir jou plante. Tel die vrugte en groente gereeld op en gooi op jou komposhoop. 3. Beheer slakke wat nou lekker aktief is, met Sluggem korrels 4. Kyk uit vir lelieboorderwurms in jou bolplante. Behandel met Protek se Cutworms Pesticide 5. Om te verseker dat al die produkte wat ons spuit 100% effektief is, is dit belangrik dat die water se suurgehalte neutraal is. Om dit reg te kry, meng altyd Protek Allbuff saam in jou spuitkan. 6. Molkrieke maak hulle verskyning in jou grasperk. Beheer dit met Zero Molecricket of Merit van Coopers ES 7. Plante moet steeds gevoed word en ‘n maklike metode wat min aandag verg is Guanosol. Dis ‘n stadig oplosbare voedingsblok wat naby die stam van jou struik in die grond gesit word. Die somer is hier en dit beteken ongelukkig ook ‘n oormaat van ongewenste huisvlieë. Die geheim van vliegbeheer is om jou huis te behandel met verskillende plaagbeheermetodes en -produkte. 1. Spuit jou huise binne en buite met Protek AK47, wat ‘n benatbare poeier is. Meng met water volgens die instruksies. Die ideale plekke om te behandel is jou deurkosyne en vensterrame waar die vlieë gewoonlik inkom. AK47 is reukloos en vlek glad nie. 2. ‘n Tweede metode vir die beheer van vlieënde insekte is die gebruik van ‘n spuittoestel wat beheermiddel in afgemete hoeveelhede op gereelde intervalle spuit. Die ideale kombinasie hiervoor is die Ultramatic Eco Toediener met Ultramatic Fly & Mosquito Killer. 3. ‘n Derde metode van beheer is die gebruik van die Red Top Flycatcher met vlieëlokaas wat buite gehang word. Dit lok en vang vlieë voor dit jou huis bereik. 4. Bespuit ook stalle, melkstalle en komposhope om die uitbroei van vlieë sover moontlik te voorkom. Die wenners van die vorige uitgawes: Snappy Chef: Isabel van Sittert van Hartbeesfontein, Jacoline Taute van Trichardt. Senwes Village Hinterland Wêreldbeker Foto: Wouter du Toit van Oos-Londen. Hannon: Sophia Ras van Boksburg, Francis van Dyk van Bethulie, Marie Coetzee van Heidelberg (Gauteng), Laschell Janse van Rensburg van Jan Kempdorp. Cum boeke: Hester du Preez van Vanderbijlpark, Marinda van der Merwe van Magogong. Woundcare: Santie Viljoen van Bospoort, Hanlie Bothma van Viljoenskroon. BAIE GELUK! HANNON Die HANNON Gentle Facial Wash is ‘n hoogs effektiewe gesigwas wat terselfdertyd baie delikaat op die vel inwerk. Dit verwyder selfs die hardnekkigste grimering en olie van die vel. Dis ideaal vir tieners of mense wat sukkel met veltoestande soos aknee, aangesien dit die aktiewe bestanddeel ACNET bevat wat inflammasie beheer en bakterieë, wat op die vel opbou, beveg. Hierdie velreiniger moet verkieslik twee maal per dag, soggens en saans, gebruik word. Iemand wat hou van ‘n tradisionele velskrop of “scrub”, sal beslis mal wees oor ons HANNON Mother of Pearl Facial Scrub. Dis ideaal vir enige iemand met ‘n olierige tot normale veltipe. Dis ook  ‘n fantasiese vooraf “scrub” vir mans wat ingroeihare ontwikkel wanneer hulle skeer. Ons beveel egter nie aan dat iemand wat aan erge aknee ly, soos byvoorbeeld tieners,  hierdie “scrub” gebruik nie. SMS Senwes, Hannon en jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 31 Januarie 2016 om ‘n kans te staan om een van twee geskenkpakke van Mother of Pearl Facial Scrub en Gentle Facial Wash ter waarde van R645 elk te wen. Standaard smstariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompetisiereëls, besoek die webtuiste www. senwes.co.za. SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 63