Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 58

••• RUBR I E K • • • • • • • het geil plante tot gevolg met ‘n gevolglike hoër waterverbruik. Plant die hoër-risikolande eerder met sonneblom. Die onkruidbestuursprogram moet baie doeltreffend en effektief wees. Neem die plaasen landspesifieke omstandighede in ag in die besluite wat u neem, soos byvoorbeeld die plantbeskikbare water in die grond tydens planttyd. Met graanpryse wat tradisioneel redelik hoog is gedurende Desember, moet vastepryskontrakte, waar lewering verpligtend is, liewers vermy word gedurende El Niño-jare. Gebruik minimumpryskontrakte wat deur Senwes gefinansier word. Op sandgronde is dit belangrik om soveel as moontlik stoppelbedekking op die oorlêlande te hê vir vogbewaring en om winderosie te beperk. Inspeksies vir moontlike insekskade, bv. stronkboorder by mielies en bolwurm by sonneblom, moet gereeld gedoen word. Gebruik die grondvog as indikator wanneer besluite geneem moet word oor die hoeveelheid stikstof wat as topbemesting toegedien moet word. AANGEPLANTE WEIDINGS Die heersende droogte noodsaak baie produsente om plantdatums ook vir aangeplante weiding aan te pas of aan te skuif. Die beste tyd om droëland 56 meerjarige grasweidings te vestig is egter Januarie en Februarie, afhangend van die gebied en beskikbare vog. Daar is nog genoeg tyd om te sorg dat die nodige voorbereidings gedoen kan word vir aanplantings. Neem die volgende in aanmerking met die keuse en beplanning van ‘n voergewas: • Is dit aangepas by gronden klimaatstoestande? • Watter tipe veeproduksiestelsel gaan die voergewas benut? • Maak seker dat die hoeveelheid wat aangeplant gaan word, sal voorsien in die totale veebehoefte. • Maak gebruik van kundige advies om u behulpsaam te wees met voer- en kuddevloeibeplanning. • Waar moontlik, plant meer as een voergewas om risiko te versprei en effektiewe voervloeibeplanning te verseker. • Waar intensiewe gewasse onder besproeiing geplant word, maak seker dit lewer die verlangde opbrengste en voedingswaarde. • Maak seker dat die nodige grond-chemieregstellings gemaak word voor vestiging. • Plant voergewasse wat natuurlike weiding sal komplimenteer om ‘n volhoubare voerbank te bewerkstellig. • Waar weiding onder besproeiing bewei word, moet parasietbeheer noukeurig bestuur word deur ‘n doeltreffende doseerprogram te volg. • Een ton hooi verwyder ongeveer 10-20 kg stikstof, 1.2 kg fosfaat en 12 kg kalium. Veral waar hooi Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario gesny en gebaal word moet hoër aanvullende kunsmis, veral kalium, as met beweiding toegedien word. • Moet nie te vroeg na vestiging bewei nie. Gee genoeg tyd sodat ‘n sterk wortelstelsel eers kan ontwikkel, veral by nuut gevestigde weidings. Voergewasse soos Smutsvinger lewer eers [