Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 53

HA N D E L SN UUS Senwes loods Droogterampfonds DRO LP SENWES, IN SAMEWERKING MET AGRI SA, HET ‘N DROOGTERAMPFONDS OP DIE BEEN GEBRING TEHU OG OM PRODUSENTE BY TE STAAN GEDURENDE DIE HUIDIGE ERNSTIGE DROOGTETOESTANDE. D ie Droogterampfonds maak voorsiening vir alle bekommerde individue en organisasies of maatskappye om bydraes te maak. Die fondse sal dan versprei word onder behoeftige boere via die relevante Agri SA-geaffilieerde verenigings in die bepaalde gebiede. DONASIES Vir die gerief van die verbruiker kan donasies gemaak word aan die Droogterampfonds via die webblad www.droogterampfonds.co.za. EFT, Kredietkaart, Tjek- en Debietkaarte, Kits EFS, SnapScan of Premietarief SMS teen R30 per sms. Francois Strydom (Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte) het beklemtoon hoe belangrik dit vir ons land is om hulp te verleen aan ons boere. “Die huidige droogte is die ergste sedert die 1980’s en die impak daarvan kan uiters negatief op die voedselsekuriteit van die land wees. Terwyl die onmiddellike impak van die droogte deur die produsent gevoel sal word, sal die verbruiker ook die effek daarvan beleef in die vorm van produktekorte en prysverhogings van verwante kommoditeite.” STAAN PRODUSENTE BY Senwes doen ‘n beroep op alle besorgde SuidAfrikaners om ons produsente by te