Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 50

••• D RUPP E LS OP DI E DA K HOE VERLOOP DIE SEISOEN SO VER? DIE SOMERSEISOEN SE REËNVAL WORD TRADISIONEEL GEMEET VANAF 1 JULIE JAARLIKS TOT EINDE JUNIE DIE VOLGENDE JAAR. JULIE TOT SEPTEMBER IS GEWOONLIK MAANDE MET ʼn BAIE LAE REËNVAL. DIE REËN BEGIN EERS GEDURENDE OKTOBER TE VAL. HIERDIE SEISOEN HET DROOG AFGESKOP MET SLEGS DIE NOORDWESTELIKE GEDEELTE VAN DIE NOORDWES PROVINSIE WAT GEDURENDE SEPTEMBER BAIE GOEIE NEERSLAE ONTVANG HET. THYS GROBBELAAR G edurende Oktober het die sentrale gedeelte van die Noordwes provinsie wel reën ontvang, maar dit was minder as die langtermyngemiddeld. Die langtermyn gemiddelde reënval vir die tradisionele Senwes gebied is 61.5 mm. Hierdie seisoen het dit gemiddeld net 16.2 mm gereën. Die hele gebied het dus minder as die gemiddelde langtermynreënval ontvang. Dit is tans baie droog en veral die vee kry swaar weens die gebrek aan voldoende weiding. Indien ons na die kumulatiewe reënval vir die seisoen kyk vir die periode 1 Julie tot einde Oktober, lyk die situasie soos uitgebeeld in onderstaande kaart. Daar is slegs enkele distrikte wat naby aan die langtermyn gemiddelde reënval vir die periode ontvang het. Die mees westelike gebiede het basies geen reën ontvang nie. Die droëlandkoring vind gewoonlik baie baat by die vroeë lentereën. Vir die hoeveelste seisoen het dit weer nie wesenlik in die tradisionele droëlandkoringgebied gereën nie. Dit impakteer verder negatief op droëlandkoringproduksie in die westelike gedeelte van die Hoëveld. Die feit dat dit nog nie wesenlik gedurende die vroeë lente gereën het nie, behoort as sulks nie ‘n bekommernis vir droëlandprodusente te wees nie. Bo-gemiddelde reënval gedurende die vroeë lente, volgens historiese reënval- en opbrengsdata, het gewoonlik ‘n negatiewe korrelasie met die opbrengsprestasie van mielies. Die reënval van Januarie en Februarie is gewoonlik deurslaggewend vir goeie opbrengste. Die tyd wat oor is om te plant in die westelike Hoëveld was tydens die skryf van die artikel nog genoeg. Die produsente in die oostelike gedeelte van die Hoëveld raak wel bekommerd. Die beskikbaarheid van ultra- kort groeiseisoen mieliekultivars het tot gevolg dat die plantdatum in die meeste gebiede redelik gerek kan word. Ons hoop en vertrou dat die res van die seisoen voorspoedig sal verloop. WAT IS DIE STAND MET BETREKKING TOT DIE VERLOOP VAN DIE VOORSPELDE EL NIÑO-SEISOEN. Die 1997/98 seisoen was tot en met datum die sterkste El Niño-episode wat die afgelope eeu ervaar is. Kom ons kyk wat daardie seisoen gebeur het. Die meeste mense wat in die graanbedryf betrokke was, het die ergste droogte in menseheugenis verwag, veral na aanleiding van die beriggewing uit die buiteland en plaaslik. Die seisoen het baie moeilik begin met ver 48 Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario