Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 48

••• RUBR I E K Die berekende oordragvoorraad van geelmielies is egter baie laag en daar moet waarskynlik 720 000 ton se geelmielies ingevoer word. Dit is baie sterk prysondersteunend. Die Julie geelmieliepryskontrak toon basies dieselfde tendens as dié van witmielies. Die prys styg gewoonlik vanaf die einde Oktober tot die begin van Februarie. Dit is as gevolg van die sogenaamde klimaatspremie. Die onseker klimaatvooruitsigte vir die komende seisoen ondersteun 46 ook tans die geelmielieprys. Die Suidelike Ossilasieindeks vir Oktober 2015 is intussen vrygestel. Die SOI het verder verswak, wat ‘n sterker-wordende El Niño-tipe seisoen voorspel. Die witen geelmielieprys het sterk hierop gereageer net nadat die indeks bekend gemaak is. Ons hoop en vertrou dat die voorspelde El Niño-seisoen ongemerk verby sal gaan. OLIESADEKOMPLEKS: Wat beide sonneblom en sojabone aanbetref, dui die Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario vraag- en aanbodberekeninge daarop dat daar in beide gevalle ingevoer moet word. Die perskapasiteit van veral sojabone is so uitgebrei dat ons die afgelope twee jaar wesenlike hoeveelhede ingevoer het. Die perssyfers van sojabone het veral skerp toegeneem die afgelope tyd. Die pryse van die twee oliesade sal waarskynlik nader aan die berekende invoerpariteit vorm. Die twee kommoditeite se pryse daal normaalweg egter baie skerp vanaf Februarie en dit is wanneer die stroopproses ‘n aanvang neem. Produsente moet dit in hulle bemarkingstrategie in ag neem. OPSOMMING EN GEVOLGTREKKING: Ons is tans in ‘n weermark wat die somergrane aanbetref. Die uiters droë toestande, lae grondvog en ‘n klein kans vir reën wat voorspel word vir die eerste helfte van November, ondersteun die pryse van al die somergrane. Ons moet net in gedagte hou dat indien ons baie goeie reën gedurende die tweede helfte van November sou ontvang, dit die pryse van die somergrane weer sterk onder druk kan plaas. Die pryse is tans op baie hoë vlakke, meestal hoër as die sielkundige 80% van die berekende invoerpariteit. Die kanse vir ‘n daling indien dit binnekort goed sou reën, is dus baie goed. Die vraag is egter: gaan dit wel binnekort goed reën?