Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 47

R UB R IE K hoofrede. Ons bevind ons tans midde-in ’n El Niño-tipe seisoen wat geken word aan baie warm temperature. Die negatiewe SOI en die warmer as normale seetemperature in die Niño 3.4 gebied in die Stille Oseaan is alles bevestiging van die El Niñotipe seisoen waarin ons tans verkeer. Alhoewel ‘n El Niñotipe seisoen nie noodwendig aanleiding gee tot droogtes of onder-gemiddelde gewasprestasie nie, was daar al wel El Niño-tipe seisoene wat rampspoedige gevolge vir die somergraanprodusente gehad het. Die m baie senuweeagtig. Groot dele van Mpumalanga het met die skrywe van die artikel nog nie genoeg reën ontvang om te kan plant nie. Dit lyk net nie goed buite in die mielieproduserende gebiede nie. Die wind was erg die afgelope paar maande en nieteenstaande die feit dat daar meestal bewaringsbewerking toegepas word, het baie lande vanjaar erg gewaai en sandduine is op verskeie plekke sigbaar. Onderstaande grafiek dui die prystendens van die afgelope tyd aan. Die grafiek dui aan dat die witmielieprys gewoonlik op redelike hoë vlakke verkeer vanaf November tot Februarie jaarliks. Dit is hoofsaaklik as gevolg van ‘n klimaatsrisiko dié tyd van die jaar. betrokke kommoditeit. Die onderstaande verkorte vraagen aanbodberekeninge van mielies volgens die NAMC dui ‘n redelik gemaklike ••• oordragvoorraad aan van 22% van die berekende verbruik. Die heersende klimaat speel tans egter ’n baie groot rol in die prysvormingsproses. VOORRAADVLAKKE VAN WIT- EN GEELMIELIES: Die berekende oordragvoorraad van ‘n kommoditeit speel ’n baie groot rol in die prysvormingsproses van die SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 45