Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 46
•••
AG RI - IW
RUBR
E KE N K E
THYS GROBBELAAR
GRAANMARKVOORUITSIGTE:
WAT IS ONDERLIGGEND TOT DIE
GRAAN- EN OLIESADEPRYSE?
INTERNASIONALE
FUNDAMENTELE
FAKTORE:
Die wêreld sit met groot
oordragvoorrade ten opsigte
van graan en oliesade.
Die hoë prysvlakke die
voorafgaande drie jaar het
produksie tot ‘n groot mate
gestimuleer. Verder was daar
nie wesenlike natuurrampe
wat die produksie kon
benadeel nie. Die wêreld
se verwagte groei soos
voorspel deur die IMF, is
ook op relatiewe lae vlakke,
veral ten opsigte van die
ontwikkelde ekonomie. Die
situasie lei daartoe dat die
meeste kommoditeite op
laer prysvlakke verhandel.
Die geykte uitdrukking
wat lui: Die kuur vir hoë
pryse, is hoë pryse en die
kuur vir lae pryse is lae
pryse. Dit is presies wat die
afgelope tyd gebeur het.
DIE INTERNASIONALE
MIELIESITUASIE:
Soos ons reeds weet, wend
die Amerikaners ongeveer ‘n
derde van hulle mielie-oes
aan om etanol te produseer.
Dit is ongeveer 133 miljoen
ton mielies. Tot onlangs was
die internasionale ru-olieprys
op vlakke van $105 tot $110
per vat. T