Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 45

R UB R IE K (storm, wind, water) ens., asook • Vallende bome (op enige van die items soos in die woordomskrywing) • Botsing teen die versekerde eiendom deur voertuie, diere, lugvaartuie en -toestelle of enige iets wat daaruit val. • Oopbars van watertekens, -apparate of -pype, lekkasie van wasmasjiene en skottelgoedwassers en toevallige lekkasie van olie vanuit vaste olieverwarmingsinstallasies. • Diefstal of poging daartoe. • Inbreek of uitbreek uit die versekerde geboue deur wesenlike, sigbare en gewelddadige middele. • Kwaadwillige beskadiging, soos wanneer ‘n klomp kwajongens die dwergieposbus sou afbreek. • Die ineenstorting of brekasie van antennastelsels en satellietskottels. Benewens voorgemelde gevare/ risiko’s is daar ook ander uitbreidings, wat gratis by die polis ingesluit is soos: • Verlies van huurgeld indien ‘n versekerde woning wat verhuur word as gevolg van een van voorgemelde gevare onbewoonbaar word. • Glas (vaste glas en spieëls) en sanitêre ware (wasbakke/ toilette) is verseker vir toevallige brekasie daarvan, met ander woorde wanneer kleinboet met ‘n bal in die huis speel en daardie groot vaste spieël agter die TV met ‘n Shaun Pollockhou aan skerwe slaan. • Brandweerkoste aangegaan om skade te voorkom of te verminder. • Sekuriteitswagte wat in diens geneem word om die • • • • • • • geboue te beveilig na skade deur ‘n versekerde gevaar, maar beperk tot R5 000. Toevallige en onvoorsiene skade aan swembaden boorgatpompe (vir huishoudelike gebruik), elektriese hekke, ens., tot ‘n bedrag van R10 000 met ‘n bybetaling van R350. Tuine en watervoorwerpe – skade wat volg op brand, weerlig, ontploffing, spesiale gevare én persone wat reageer om die brand te blus tot ‘n bedrag van R10 000 met ‘n bybetaling van R500. Spesiale verbouings vir rolstoelgebruikers tot ‘n bedrag van R5 000. Skade deur wilde ape of bobbejane tot ‘n bedrag van R10 000. Sleutels, slotte en afstandbeheereenhede van die privaat woning wat verloor of beskadig word tot ‘n bedrag van R3 000 met ‘n bybetaling van R300, asook die redelike koste van ‘n slotmaker in ‘n noodsituasie. Noodakkommodasie wat benodig word in die geval van ‘n algehele verlies van die privaatwoning deur ‘n versekerde gevaar (beperk tot R500 per persoon en tot hoogstens R5 000 per gebeurtenis). Wetlike aanspreeklikhede teenoor derde partye (onderhewig aan sekere uitsonderings) waarvoor die geboueienaar aanspreeklik is ten opsigte van • Dood, liggaamlike besering of siekte ••• van ‘n persoon Skade aan tasbare eiendom • Regskoste aangegaan. Dit is dus duidelik dat die dekking vir woonhuise méér is as die algemene dak wat deur die wind opgefrommel word of waterskade aan die plafonne as gevolg van reën. Belangrik is egter steeds die plig tot versigtigheid (Algemene Voorwaardes) wat vereis dat instandhouding deurlopend toegepas word soos: • Die gereelde skoonmaak van geute • Die seël van dakplate om geleidelike agteruitgang teë te werk en waterskade aan plafonne te voorkom. • Die nagaan vir gekraakte dakteëls en los dakskroewe om windskade te voorkom. Onthou dus dat Huiseienaarsversekering meer omvattend is as wat normaalweg gedink word, maar tog nie ‘n Alle Risiko-dekking is nie. Dit bly steeds jou reg om op die kundigheid van jou makelaar aanspraak te maak vir advies rondom jou korttermynversekeringsbehoeftes. Vir die doeleindes van hierdie artikel is die polisvoorwaardes van die Santam Agri-polis gebruik en mag dekking en perke verskil van versekeraar tot versekeraar. Ons moet ook daarop let dat hierdie slegs ‘n kort bespreking is en moet elke kliënt hom-/ haarself vergewis van die polisvoorwaardes van sy eie korttermynversekeringspolis. • Navrae kan gerig word aan die outeur by 018-6331213 of willie. [email protected] of u naaste Certisure Makelaar. SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 43