Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 43

R UB R IE K ••• Hoe maak ek my JACO KRUGER JAGGEWEER MEER AKKURAAT? KOM ONS KYK ‘N BIETJIE HOE EK MY JAGGEWEER MOET BÊRE VIR DIE VOLGENDE JAGSEISOEN. B aie skuts skiet net gedurende die jagseisoen, dan bêre hy sy geweer vir volgende jaar se jag. Teen April volgende jaar haal hy sy geweer vir die eerste keer weer uit. Wat hy sien is ‘n nagmerrie. Loop is geroes en sulke groen skynsels oor die hout. Dit kan voorkom word as jy net ‘n bietjie tyd die vorige jaar spandeer om die geweer voor te berei vir die volgende seisoen. Hoe moet ek my geweer voorberei vir lang tye wat dit in die kluis is? Eerstens, dit moet in ‘n kluis gebêre word. Die voorbereiding hang ook af van waar jou kluis geleë is in jou huis. Myne is byvoorbeeld in die badkamer, waar baie vog die grootste vyand is. As jou kluis ook in die badkamer is, moet jy vogabsorbeerders in jou kluis hê wat die vog opdroog binne die kluis. Daar is baie produkte op die mark, sommige wat jy net een keer kan gebruik en dié wat jy, as dit versadig is, aan ‘n kragbron koppel en weer kan gebruik. Maak nie saak watter een jy gebruik nie, dit moet teenwoordig wees. Jy moet ook voor die tyd eksperimenteer en kyk hoe lank die produk sal hou voordat dit vervang moet word (hoeveel vog daar teenwoordig is). Met stap een voltooi kyk ons na die jaggeweer. Die geweer moet skoongemaak word voor dit gebêre word. As dit nie gedoen word nie, sal die koper en carbon wat in die loop is, hard word oor die bergingstermyn en as jy die DEEL 6 geweer weer wil gebruik, is jou pyne baie groter om dit skoon te maak. So, maak jou geweer deeglik skoon voor berging. Binne die loop moet ‘n dun lagie olie teenwoordig wees, verkieslik ‘n dikker tipe olie wat vir die bergingstermyn sal hou. Vat ook ‘n lappie met ‘n dunner tipe olie en vee die hele geweer af daarmee. Maak seker jy mis niks, anders gee jy vog ‘n vashouplek. Sommer ook die kolf as dit van hout gemaak is. Daar is ook geweerkouse op die mark wat jy oor die geweer kan trek. Hierdie kous bevat silikon, wat die geweer beskerm teen vog en roes. Hierdie is nog ’n voorsorgmaatreël wat beslis werk. Versorg jou geweer mooi voordat dit gebêre word, aangesien daar baie skade aangerig kan word oor die bergingstermyn. Inspekteer ook jou geweer gereeld, byvoorbeeld elke twee maande en kyk of alles nog reg is sodat enige skade vroegtydig voorkom kan word. Jaggewere het duur geword - so kyk na joune en versorg dit goed. Die geweer sal dan ook na jou kyk as jy hom nodig het. Lekker skiet en geniet dit! Jaco Kruger het sy nasionale kleure in Benchrest skiet verwerf en het sy land verskeie kere verteenwoordig. Hy is ook ‘n aktiewe SA Jagterslid. SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 41