Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 41

RUBRIEK ••• (opsievervaldatum) het met R600 gestyg na R3 800 per ton. Die put-opsie is uitdie-geld en verval waardeloos, waar die call-opsie in-die-geld verval. Dus maak Jan wins teen ‘n netto bedrag van R100 per ton (R3 800 – R3 200 – R500**). Indien die teenoorgestelde gebeur en pryse teen 23 Februarie 2016 (opsievervaldatum) gedaal het met R800 na R2 400 per ton, is die call-opsie uit-die-geld en die put-opsie indie-geld. Dus verval die strategie teen ‘n wins van R300 (R3 200 – R2 400 – R500**). Die bostaande voorbeeld word grafies geïllustreer in Grafiek B. Daar bestaan ‘n wye verskeidenheid van opsiestrategieë en moet u poog om die strategie te vind wat die beste by u behoeftes pas. Ten spyte van die duidelike voordele van opsies, moet daar gelet word op opsies wat steeds ‘n mate van risiko dra. U moet derhalwe u professionele en kundige Safex makelaar kontak om verdere bystand aan u te verleen. SLOTKOMMENTAAR Deur slegs ‘n redelike begrip te hê van die bostaande inligting, is u reeds ‘n stappie voor die res. Dit is uiters belangrik om die wisselwerking van die fundamentele faktore en die drywers wat dit beïnvloed te analiseer om sodoende ‘n beter besluit rakende die bemarking van mielies te neem. Dit is steeds voordelig om tegniese analise met fundamentele analise te kombineer om sodoende die beste moontlike besluit te kan neem. Die werking van tegniese analise sal in die komende artikels bespreek word. Vir meer inligting of om kompeterende opsiepryse op ‘n groot verskeidenheid kommoditeite te bekom, skakel gerus vir Susari Geldenhuys by 018 464 7430 of 072 116 9999 of e-pos haar by Susari.Geld [