Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 - Page 40

••• RUBR I E K invloed van die verskeie lande se balansstate op wêreldpryse moet dus nie onderskat word nie. 4. BLNS-lande balansstate Aangrensend aan Suid-Afrika in die suidelike gedeelte van Afrika, speel Botswana, Lesotho, Namibië en Swaziland ‘n belangrike rol in die plaaslike mark en vorm dus deel van Suid-Afrikaanse prysvorming. Die lande is geneig om meer vraaggedrewe te wees en is dus gewoonlik deurlopend netto invoerders van Suid-Afrikaanse mielies. 5. Suid-Afrikaanse inen uitvoerpariteit Aangesien Suid-Afrika op ‘n internasionale skaal meeding, is die wisselwerking tussen wêreldpryse en wisselkoerse om in- en uitvoerpariteit te vorm van uiterste belang. Invoerpariteit is die prys waarteen plaaslike mielies met internasionale mielies vervang kan word en word dan ook inherent as die plafonprys beskou. Daarenteen word uitvoerpariteit beskou as die prys waarteen plaaslike mielies met internasionale mieliepryse kompeteer en word dan ook inherent as die vloerprys gesien. Die plafonen vloerprys is wel teoreties en kan pryse bo of onder die berekende pryse beweeg. Ten spyte hiervan beweeg plaaslike pryse steeds tussen die bande. Meer spesifiek, plaaslike pryse sal neig na invoerpariteit wanneer daar ‘n tekort aan mielies verwag word of is en sal pryse na uitvoerpariteit neig in tye van oorskotte. 6. Plaaslike balansstaat Die plaaslike balansstaat dui die huidige vraag en aanbod van mielies aan en kan ‘n verandering in die drywers van 38 die balansstaat die plaaslike pryse beïnvloed. Oor die langtermyn sal die vraag en aanbod na mielies ‘n ewewigsprys bereik. Ten spyte van goeie fundamentele navorsing, bestaan daar tye van onsekerheid wat lei tot hoë volatiele markpryse. In tye van onsekerheid, word termynkontrakte baie riskant en bied lang opsies ‘n beter vorm van markdeelname. Gegewe die huidige onsekerheid in die mark en verskansing wat nie hoog op produsente se prioriteitelys is gedurende die feestyd nie, word daar gekyk na ‘n spekulatiewe opsiestrategie. ILLUSTRASIE* Die werking van ‘n “straddle”strategie gaan aan die hand van ‘n voorbeeld verduidelik word. Let wel dat dit slegs ter illustrasie is en geensins as finansiële advies gesien moet word nie. Veronderstel markpryse vir Maart 2016 witmielies is huidig R3 200. Jan Alleman is oortuig dat pryse skerp gaan beweeg, maar is onseker oor die rigting van die beweging. Na ‘n lang gesprek met sy Safex-makelaar, besluit Jan om 1 000 ton se spekulatiewe opsieposisie in te neem, naamlik ‘n “straddle”strategie. Die strategie word in plek gesit deur ‘n by-die-geld put (dus ‘n trefvlak van 3 200) opsie, asook ‘n by-die-geld call (dus ‘n trefvlak van 3 200) opsie te koop. ‘n Kwotasie word verkry by die opsieskrywer waar die put-opsie ‘n R250 per ton premie dra en die call-opsie ook ‘n R250 per ton premie dra. Teen ‘n totaal van R500 per ton, dus ‘n totaal van R500 000 per 1 000 ton strategie, stem Jan in om die strategie in plek te sit. Dus, Jan se totale risiko word beperk tot R500 000 indien die mark sywaarts sou beweeg, maar sal hy voordeel trek uit enige skerp prysbeweging. Veronderstel Jan se oortuigings was reg en pryse teen 23 Februarie 2016 + 0 2 400 3 200 3 600 Grafiek B: “Straddle”-opsiestrategie (Bron: Saamgestel deur outeur.) Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario