Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 4

••• REDA K TE U R SBR I EF DIE PROSES VAN vernuwing A s mens nie met die tye saamleef nie dan sal jy verseker vergaan. Soos ons die einde van die jaar, Kerstyd en 2016 nader, is vernuwing weereens aan die orde van die dag. Vernuwing is nuwe platforms binne die milieu waar in ons werk, ‘n nuwe uitkyk op ons werk en ons verhoudings met ander. Die heel belangrikste vernuwing is egter die vernuwing van die self. Kyk ‘n bietjie rondom jou, doen ‘n bietjie voorraadopname van die area waarbinne jy lewe. Ons fokus op Hoopstad se nuwe Senwes Village Hinterland tak wat op sigself vernuwing in baie mense se lewens bring - werknemers en klante - soos ook in Peter Mascher se spotprent vervat. Dan kyk ons terug na Nasie in Gesprek wat verseker verandering in die landbousektor teweegbring. Senwes se tussentydse resultate sal ook beskikbaar wees direk na die verskyning van hierdie uitgawe en daar is ‘n QR-kode om direk na die resultate te gaan. Met dié word die pad vorentoe ook uitgelê en kom die vernuwende besigheidselemente ter sprake. Hinterland het ook ‘n nuwe PIN-stelsel wat besigheid vergemaklik. Vernuwing beteken soms ook om eerste te wees. Ons kyk na Senwes se betrokkenheid by Suid-Afrika se heel eerste ten volle swart bemagtigde meulenaar op Ventersburg. En as jy uittroon, kry jy prestasies 2 soos Certisure se gesogte titel wat hulle ingepalm het, asook hul Hartswater tak wat as beste besigheidseenheid uitstaan. Of jy nou daarvan hou of nie, in hierdie wêreld is ons altyd in kompetisie met mekaar. Kompetisie in besigheid en persoonlik, net soos al die wenners van die kompetisies in hierdie Senwes Scenario ook in kompetisie met mekaar is. Om te vernuwe moet mens ook wyse raad van ander aanvaar soos in Oraloor Gehoor, asook die raad van al die wonderlike rubriekskrywers. Soms verander die natuur selfs. Hier het die droogte ons in ‘n wurggreep wat ‘n ander kinkel in die kabel bring. Maar soos ons vernuwe, lees ons in hierdie uitgawe dat ons ons fondasies in die proses dieper moet grawe. Die proses van verandering raak ook ons geestelike lewe. Soos ons alte gereeld deesdae hoor. Die heel belangrikste vernuwing is die vernuwing van die self, waar jy ook die beste vir ander wil hê. Ons kyk na die nuwe rekenaarsentrum wat Senwes se Thobo Trust by Letsopa Laerskool in Ottosdal geopen het, wat weer fondasie vir hulle toekoms lê. Dan ook Senwes se betrokkenheid by die Agri Securitas Trustfonds. Aan die einde is ver