Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 28

••• NUUS Senwes se Nasie in Gesprek toon merkwaardige groei AUBREY KRUGER NASIE IN GESPREK HET REEDS IN 2013 BEGIN MET DIE EERSTE PRODUKSIES WAT BY DIE NAMPO OESDAG AS SENWES TOEKOMSFOKUS GESPREKSFORUM AFGESKOP HET. ʼn AFRIKAANSE INSETSEL IS OP DIE DAGBREEK-PROGRAM UITGESAAI. I n 2014 bereik Nasie in Gesprek nuwe hoogtes deur gehore buite die landbousektor te bereik. Fase 1 was die daaglikse gesprekke by Nampo en fase 2 het 29 insetsels ingesluit wat op kykNet gebeeldsend is. Vanjaar is die program verder uitgebrei met meer as 40 paneelgaste tydens 8 sessies in beide Afrikaans en Engels by Nampo. ‘n Televisiereeks het gevolg op Business Day TV, Soweto TV, asook op kykNET. Met 39 episodes en meer as 30 paneelgaste was dit die beste jaar nog. Die geskatte aantal kykers 26 bo 15 jaar is massief met meer as 4 miljoen moontlike kykers op Soweto TV se kommersiële kanaal, 3 miljoen op Soweto TV se DSTV kanaal, 1,8 miljoen kykers op kykNET en 307 000 op Business Day. Die visie vir 2016 is om dieselfde wenresep toe te pas en om te poog om internasionale pers en mediahuise te betrek. Dit alles is slegs moontlik met die samewerking van ons talle vennote naamlik Graan SA, John Deere, Engen, Monsanto, Cipla, MWeb, Forum Homini, Afgri, NWK, Fort Knox, Hinterland en Nedbank. Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario NA DIE NASIE, MET DIE NASIE “Nasie in Gesprek is ’n gesprek “na die nasie, met die nasie” - dit is die boodskap van Senwes Groep Hoof Uitvoerende Beampte, Francois Strydom, oor dié gewilde program. Francois is veral beïndruk met die area wat dit bereik het en natuurlik oor al die positiewe terugvoering oor die reeks. “Dit is baie groter as wat ons ooit gedink het.” Hier verwys hy na die impak op alle Suid-Afrikaners, 55 miljoen om presies te wees. Met slegs 30 000 produsente in ons land is hierdie produsente “relatief onbekend” aan die massas. “‘n Groot deel van ons landsburgers woon in stedelike gebiede. Hulle glo kos kom van die