Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 22

••• HA N D E LSN U U S Sand en stof van Hoopstad AUBREY KRUGER HOU DIÉ VERHOUDINGSBESTUURDERS GEWORTEL DIE TWEE VERHOUDINGSBESTUURDERS BY HINTERLAND SE SENWES VILLAGE TAK IN HOOPSTAD IS JOHAN TERBLANCHE EN ANDRÉ DE KOKER. J ohan baseer sy werk op die leuse: “My verskaffers is my vennote in my besigheid, en ek poog weer om ‘n vennoot in hulle besigheid te wees.” En dis basies wat sy werk behels. Kontak met klante en verskaffers is ‘n deurlopende een-tot-eenkommunikasieproses. Johan sê dis Hoopstad se mense wat hom uniek maak. “Die mense neem jou aan en dan is jy deel van Hoopstad.” ‘n Verdere kenmerk van Hoopstad is dat dit ‘n lae reënvalgebied is met goeie opbrengste in nat jare. Nadat hy aan Hoërskool Wesvalia in Klerksdorp gematrikuleer het en sy twee jaar diensplig voltooi het, het hy as verkoopsklerk in 1987 by Senwes in Klerksdorp begin werk. Nadat hy vir twee jaar as aflos gewerk het, was hy Takbestuurder by Bethulie, Viljoenskroon, Steynsrus en Hoopstad voor hy die laaste vier jaar as Verhoudingsbestuurder begin werk het. Hy en sy vrou Susan het pas hul silwer bruilof (25 jaar) op 3 November gevier en hulle het twee kinders, naamlik Cornell (18) en Gericke (16). Johan geniet sy kinders en hul liefde vir sport en natuurlik perde, wat jy duidelik agterkom met al die foto’s in sy kantoor. Hy geniet sy werk onsettend baie en is so gelukkig dat hy dit eintlik nie as ‘n werk sien nie: “Ek is een van min bevoorregtes wat vir 365 dae per jaar met “verlof” kan wees, en Senwes betaal my hiervoor.” Vir hom is Hoopstad ‘n dankbare wêreld waar Die Verhoudingsbestuurders by Hinterland se Senwes Village tak in Hoopstad is André de Koker en Johan Terblanche. 20 Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario jy enige van ses verskillende trekkerhandelaars kan kry. “En as jy eers Hoopstad se grond gevreet het, sal jy nie hier weggaan nie.” Volgende aan die beurt is André. Die Hertzogville-gebore man het in 1992 by Hoërskool Hertzogville gematrikuleer, waarna hy in 1993 by die weermag in Bloemfontein aangesluit het. Wat vir André uitstaan omtrent Hoopstad is “om tussen jou eie mense te wees en die ervaring wat jy saam met hulle het.” Hy geniet sy werk baie en het al baie geleer. Hy vertel dat mens hier glad nie hoef te stagneer nie omdat jy jouself hier kan opwerk. Hy noem dat hy in 1994 en 1995 eers op ‘n produsent se plaas gewerk het. Daarna by Aucamp Boerdery met Marius en Theuns vanaf 1995 tot 1997. Hy was vir die volgende twee dekades deel van die sektor en was eers by Suidwes in Hoopstad vanaf 1997 tot 2007 as junior bemarker en stoorbestuurder. Vanaf 2007 tot Mei 2014 was hy hoof van werf en store by Senwes, waarna hy op 1 Junie 2014 as Verhoudingsbestuurder aangestel is. Hy kyk veral op na Johan. “Johan is my mentor. Ek leer baie by hom om die werk suksesvol te kan doen.” Dié Blou Bul is ‘n familieman en hou ook van kamp en die buitelewe. André is vir die laaste 16 jaar getroud met Antoinette en hulle het twee kinders, Jo-Marie (13) en Esmé (10). Hy voel dieselfde as Johan oor Hoopstad en gee sy gevoelens so weer: “As jy eers Hoopstad se sand in jou are het is dit moeilik om daarvan ontslae te raak.”