Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 19

A R E A F O K US 16th day of September.” ‘n Pont is gebruik om die rivier oor te steek voordat die brug gebou is. BESIGHEDE Besighede in en om die dorp sluit in die Hinterland Senwes Village tak se blink nuwe winkel, wat in styl op 22 Oktober vanjaar geopen is. Uniek van die dorpie is dat daar ses trekkeragente besigheid in die dorp bedryf, wat John Deere en vyf ander groot verskaffers insluit. Ander besighede sluit in Elko Implemente, Hoopstad Trekkers, MBM Meganisasie, JME Trailers, Vetrivier Boere Dienste en natuurlik die Golden Peanuts grondboneverwerkingsaanleg op die dorp. DIE OU BEKENDE SPOTPRENT Hoopstad Hotel is veral ‘n baken in die dorp. Aan die buitekant sien jy nog ‘n gedeelte van Ben van die ou Ben, Babsie en Familie strokiesprent van Keith en Lorna Stevens. Suid-Afrikaners is baie bekend met dié spotprent van ‘n middelkas familie wat in Hoopstad gewoon het en jare lank die lief en leed van Ben, Babsie, Tant Minnie, Rooinek en die talle ander karakters gedeel. Die strokiesprent was vanaf die stigting van Rapport in 1970 deel van die koerant, en is in 2006 vaarwel toegeroep. Interessant is dat die voormalige tennisster, Amanda Coetzer, oftewel ‘The Little Assassin’ soos sy bekend was, en op haar dag die nommer 3 gekeurde tennisspeler ter wêreld was, ook van Hoopstad afkomstig is. OUDHEDE IN DIE DORP IS DAAR BESLIS Daar is ‘n aantal ou kerke op die dorpie. Die NG Kerk Hoopstad is in 1891 deur oud President FW Reitz ingewy. Die kerk is ook ‘n trotse nasionale gedenkwaardigheid en die woorde “Christus Jezus die onse Hoop” word duidelik vertoon, wat duidelik ook spesifiek op Hoopstad van toepassing is. Daar is handtekeninge van soldate in die kerktoring wat tydens die oorlogsjare in die muur uitgekerf is. Nog ‘n kerk, naamlik die AP Kerk, is in 1990 gestig en staan ook sy plek vol in die dorp. ‘n Ou kruithuisie, wat deur winkelier en wapenhandelaar PH Japhet opgerig is as ammunisiestoor, staan nog agter die silo’s in die dorp. Die geskiedenis vertel ook van Hoopstad se kinderheld, Japie Greyling, wat die Engelse soldate met “skiet my maar dood” geantwoord het toe hy nie wou verklap het waar die kommando is nie. DIE PRODUSENTEGEMEENSKAP Die produsente word ondersteun deur die HoopstadSuid Boereverening. Die tak het 80 tot 90 aktiewe lede en die voorsitter is Hentie Helm. Senwes is baie betrokke by die vereniging en het gehelp met die oprigting van die vereniging se konferensiesaal in 2007. In 2013 het Senwes ook ‘n Toyota dubbelkajuitbakkie aan die vereniging geskenk, wat vir gemeenskapsbeveiliging gebruik word. DIE UNIEKHEDE ‘n Boer van die geweste, ••• Jontie Taljaard, vertel dat die area uiters uniek is. Eers was dit kameeldoringboomwêreld en ontbossing het eers later plaasgevind. Ploeglande op groter skaal het in 1940’s begin. Die boer vertel van die teorie van windskade wat veroorsaak word deur een korrel wat twee korrels tref en daardie twee korrels nog vier tref en die situasie so vererger. Stoppels word dus op die land gelos om te help keer dat die grond weggewaai word. Die area sukkel met grondverdigting en die oplossing daarvoor, naamlik die ploegskaar, het in die 1980’s gekom. ‘n Studiegroep van Allen Benny van die UV was daardie tyd baie aktief in die omgewing. Diepripversteuring kom wyd voor, wat help met vog- en wortelpenetrasie. In 1987 is nog ‘n deurbraak gemaak met ‘n prototipe rolstaaf wat Errol Read van Viljoenskroon gebou het nadat Andries Botha ‘n soortgelyke implement in Israel gesien het. Die staaf is toe vir boere Martiens Prinsloo, Jan Brink en Jontie Taljaard gebou. In 1989 volg spoorverkeer, asook groter trekkers wat later uitkring na buurdistrikte. DIE HOOP IS IN DIE GROND In Hoopstad en omliggende areas is die keerlaag sowat 1.5 meter tot 2.2 meter onder die oppervlak van die aarde. Hoewel droog bolangs, is daar water en hoop wat onder die aarde versteek is. Met storms en wind wat bolangs woed, is dit ook hoe ons geloof meestal getoets word. Net soos die gewasse en ook die mense van die dorp, is hul geloof diep gewortel en as ons wortel eers by God uitkom, kan die storms van die lewe oorkom word. SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 17