Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 18

••• AREA F OK U S Hoopstad GEE JOU STOF TOT NADENKE DROOG, WINDERIG, WOESTYNWÊRELD - DIS DIE WOORDE WAT IN JOU GEDAGTES OPKOM AS JY DIE HOOPSTAD AREA BINNEKOM. DIE PAD IS SKAARS SIGBAAR OP PLEKKE SOOS STOF DIE PAD VERSWELG. MAAR DIE SPREEKWOORD LUI, “MOENIE ʼn MENS OP SY BAADJIE TAKSEER NIE.” AUBREY KRUGER D ie dorpie Hoopstad self is klein, maar het ‘n ryk geskiedenis en erfenis wat die gemeenskap in hierdie oënskynlik geharde gebied help vorm. BEGIN BY DIE OORSPRONG Volgens die geskiedenis het die Volksraad in 1862 versoek dat ‘n dorpie hier aangelê word. Die stigting van ‘n dorp tussen Winburg, Kroonstad en Boshof is in 1873 bespreek. Die jaar daarna is daar besluit om ‘n dorp op die plaas Kameeldoorns tot stand te bring. Die prys is bepaal op R3 000 en ‘n gedeelte van H.A. van Zyl, oftewel Groot Maans, se plaas is gekoop. HOOPSTAD WORD VERNOEM Meeste dink die naam kom van die woord “hoop” af. In werklikheid is die dorp vernoem na ene meneer A.P. Haupt, wat die landmeter was en die eerste opmeting van plase en erwe gedoen het. Haupt, as dit vertaal word, beteken eintlik hoofstad. ’n Aantal erwe is op 4 en 18 April 1875 geregistreer en die dorp is Hoopstad genoem. NG Kerk Hoopstad 16 Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario BEESWÊRELD Soos jy die dorpie binne ry word jy begroet met ‘n muur wat aandui dat Hoopstad Afrikanerbeeswêreld is. Dit verwys na die gebied waar dié beesras altyd wyd voorgekom het en waar die Vetriviervleie goeie weiding verskaf. Die Vetrivier vloei net agter die dorpie verby en loop so 20 km hiervandaan in die Vaalrivier (Bloemhofdam) in. Hoopstad is die mekka van die Afrikanerbeesras en Martin Ras is een van die grootste beesboere in die omgewing, alhoewel daar ook baie fokus op mielies en wild is. BRÛE Wanneer ‘n mens oor die “nuwe” brug ry, is die oorblyfsels van die eerste brug, wat in 1912 deur die oud Eerste Minister, generaal Louis Botha, ingewy is nog sigbaar. Interessant is dat Ene Grunow selfs ‘n gedig oor dié dag geskryf het. “A day we all should remember, when Botha he came, this man of gr X]