Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 14

••• NUUS Ken jou Certisure Makelaar RIKA STOLS Wat doen jy by Certisure? Ek is ‘n bemarker van korttermynversekering. My werk behels kliëntediens, die werwing van nuwe kliënte en die instandhouding van die huidige kliëntebasis/-portefeulje. Dan doen ek ook hernuwings van huidige kliënte – om seker te maak pryse is markverwant en dat alle nodige items verseker is – ek gee ook raad rakende kliënte se behoeftes.                 Hoe het jou loopbaan gevorder tot nou? Ek het in 1995 by NWK Lichtenburg se 12 Versekeringsafdeling begin werk tot Julie 2004. Ek het toe by Certisure in Klerksdorp begin werk as makelaarsassistent en so twee jaar by Korporatiewe Versekering. Ek het op 1 Maart 2014 die makelaarspos in Bothaville gekry. Waar is jy gebore en waar het jy groot geword? Ek is in Klerksdorp gebore en het in Stilfontein grootgeword. Waar het jy skoolgegaan: Laer- en hoërskool? Laerskool Driefonteine en Hoërskool Stilfontein. Hoe sien jy jou toekoms binne die maatskappy? Ek sien ‘n goeie positiewe Desember 2015/Januarie 2016 • SENWES Scenario toekoms by Certisure in my huidige posisie. Dit is my passie om met mense/ kliënte te werk en om hul behoeftes te bevredig. Wat is die beste raad wat jy aan jou kliënte sal gee? Goedkoop koop is duur koop – maak eerder seker die versekerde het die regte dekking om in dieselfde finansiële posisie te wees na ‘n verlies as daar voor – eerder as om ‘n goedkoop prys te betaal vir beperkte dekking. Wat doen jy in jou vrye tyd, het jy enige stokperdjies? Ek spandeer graag tyd saam met familie en vriende, hou van die buitelewe en verkeer graag sosiaal.