Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 13

KO L L IG BESTUURSPRAKTYKE Koos het sowat nege jaar gelede begin om verdere bestuurspraktyke op sy plaas in werking te stel om sy risiko’s te bestuur. Dit het gelei tot groter begrotingsbesparings. Hy is ook van plan om hierdie praktyke uit te brei. “Ek maak die som dan net soveel makliker.” ek dié produk ondersteun.” Volgens hom is groen die beste en die diens en naverkopediens is uitstekend. Wat vir hom lekker is, is dat die produkte saamloop - “Jy ‘plug’ net in en die produk loop saam.” WILD AS VERTAKKING Die Barnards fokus die afgelope twee jaar ook op eksotiese wild instede van beesboerdery. Hulle het afgeskaal tot slegs 50 beeste. Die basiese redes is dat hulle sowat 40 beeste op 400 hektaar kan aanhou en die drakrag is dus 1/10, terwyl jy baie meer wild kan aanhou. Hulle het juis ‘n paar jaar gelede na groot wildboere op Kroonstad gaan ••• luister, waar Danie Minnaar, Voorsitter van die Senwes direksie, ook teenwoordig was. “As jy die som gaan maak, regverdig ons aantal hektare nie beeste nie,” sê Koos se seun, Abraham. Hulle het in ‘n paar kampe met sowat 19 swartwitpense, 60 letswes, 20 njalas en 20 rooibokke. Dan het hulle ook ‘n 800 hektaar wildsplaas tussen Boshoff en Kimberley, waar hulle ‘n paar honderd stuks wild (sowat 300 tot 400) het, naamlik koedoes gemsbokke, waterbokke, rooibokke, blesbokke, asook kameelperde. AANPLANTINGS Die Barnards glo 100% in dieprip- en stoppelbewerking, hulle karteer en pas varieerende toedienings van kunsmis toe. Hulle het sowat 3 000 hektaar tot hulle beskikking en ploeg volgens ‘n oorlêstelsel. Hulle doen dit al die afgelope 15 jaar en is baie doeltreffend met vogbestuur. Die opbrengste spreek vanself. Daar is net nie ‘n vergelyking met ander metodes nie. Hulle het vanjaar tot 7.5 ton per hektaar vir mielies gekry en 3 ton per hektaar vir sonneblom en sojabone. Doen so voort, Barnards van Hoopstad op julle Vlakplaas! SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 11