Senwes Scenario Desember 2015 / Januarie 2016 | Page 11

KO L L IG Baie diepte ••• op hierdie Vlakplaas OP DIÉ VLAKPLAAS, DIE EEN NET BUITE HOOPSTAD, BOER DIE BARNARDS, MET KOOS BARNARD AAN DIE STUUR VAN SAKE. SOOS JY AANGERY KOM, BEGROET DIE RYE HONEY LOCUST EN DENNEBOME JOU WAT JOU REGUIT NA VLAKPLAAS NEEM. O or die naam van die plaas “Vlakplaas” lag Koos net. Dié familieplaas is al vanaf 1933 in hulle besit en die naam het saam met die plaas gekom, wat deur sy pa, Adam, tydens die droogtejare by twee Jode gekoop is. Koos het ook ‘n interessante begin gehad toe hy juis op 6 April, dieselfde dag waarop Jan van Riebeeck aan die Kaap geland het – net 294 jaar later - sy opwagting gemaak het. FAMILIE Die 69-jarige Koos boer saam met sy drie seuns Janes (42), Abraham (39) en Kobie (33). Hy is al vir amper 46 jaar getroud met Elize en hulle sal dié mylpaal in die nuwe jaar op 31 Januarie gedenk. Hulle het ook ‘n dogter, Janalize (41), wat by John Deere in die buiteland werksaam is, waar sy verantwoordelik is vir “ Region Training Delivery” wat Sub-Sahara Afrika, Indië, Asië en China insluit. AUBREY KRUGER PLAASBEDRYWIGHEDE Elkeen op die plaas behartig sy eie afdeling. Janes doen aankope, verkope en behartig die kantooradministrasie. Abraham is met meganika in die werkswinkel werksaam en Kobie by die vee, sowel as by die werkswinkel. Pa Koos vertel dat hoewel elkeen sy eie afdeling hanteer, span hulle saam tydens druk tye soos plant en stroop, met ma Elize wat die kospotte aan die gang hou. LEES MEER OP BL 10 >> SENWES Scenario • Desember 2015/Januarie 2016 9