Senwes Scenario Desember 2014 / Januarie 2015 | Page 6

••• Kersfees beteken vir my: Verlossing, tydelike wêreld, familie en vreugde. Dit is ook dan die tyd van herbesinning van die afgelope jaar en om beplanning te doen vir die volgende jaar. In die landbousektor is beplanning altyd oor ‘n langer tydperk as een jaar. God se beplanning is ook langer as ‘n jaar. Ons lees in Openbaring 14 :14: Toe het ek ‘n wit wolk gesien. Op die wolk het daar Iemand, soos die Seun van die mens gesit. Hy het ‘n goue kroon op Sy kop gehad en ‘n skerp sekel in Sy hand. Vers 16: Hy wat op die wolk sit, het toe Sy sekel ingesteek op die aarde en die aarde is afgeoes. As ons hierdie gedeelte lees, besef ons dat dit die nuwe begin is van die Ewige Lewe. Ons, as God se kinders, leef in afwagting vir hierdie tyd. Daar sal dan geen dood, moord, siekte, seer en droogtes meer wees nie. Intussen is ons nog op ‘n aardse wêreld en moet ons leef soos wat Christus graag wil hê ons moet doen. Ons moet elke dag leef met die vrugte van die Gees soos uitgespel in Gal 5:22 nl. Liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, nederigheid en selfbeheersing. Mag elke klant, werknemer, aandeelhouer en diensverskaffer van Senwes, die Boodskap van Kersfees so ervaar en dit uitleef. Dankie vir elkeen se ondersteuning en harde werk die afgelope jaar. Danie Minnaar VOORSITTER: SENWES Dear all, Die einde van ‘n jaar is slegs ’n punt aan die einde van nog ‘n hoofstuk in ons lewens. My wens is dat ons elkeen kan terugkyk en tevrede sal wees met die hoofstuk wat gedurende 2014 uit Genade by ons lewens gevoeg is. Christmas is the time we celebrate the birth of Christ, but it also affords us the time to reflect and think about our own lives and everything that we accomplished during the year. Dit is die tyd wat ons moet evalueer hoe ons opgetree het, of nie opgetree het nie. Neem dus hierdie tyd om te evalueer hoe jou nuutste hoofstuk met betrekking tot jouself, jou werk en jou verbintenisse. Ek hoop julle kan insien dat elkeen die argtitek van sy eie toekoms en lot is – die verantwoordelikheid lê by jou alleen. I would like to thank each and every one of you for your dedicated work and commitment to Senwes and our joint ventures during this year. May you all find peace and comfort during this special time. Our thoughts go out to those who lost loved ones during the year, but also at the same time we would like to celebrate the good things that happened in our lives. Thank you for everyone who made this a good and memorable year. Letter by letter we write the history books of our company and South Africa. Dit verskaf my vreugde om te weet ons bou op die verlede, maar streef na ‘n wel beplande toekoms. You and your families are important to me – dra asseblief my beste wense oor aan u mense en dank hulle ook vir ondersteuning aan ons. Ons is mense en ons put ons krag uit mekaar en kry ons inspirasie by mekaar. Mag ons almal so leef dat ons vir mekaar tot seën is. Dat ons mekaar dra wanneer die tye swaar raak en motiveer om ons beste self te wees. May we all find some time to rest over the next few weeks and tackle the new year with commitment and passion. Best wishes/Beste wense Francois Strydom MANAGING DIRECTOR/BESTURENDE DIREKTEUR:SENWES 4 Desember 2014 • SENWES Scenario