Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 70

RUBRIEK | COLUMN IN THE KITCHEN | IN DIE KOMBUIS Kos vir die siel Die lewe maak ons soms stokblind D Milanie Vosloo it moet verskriklik wees om blind te wees, maar om te kan sien maar nie raak te sien nie, is veel erger. Die lewe maak ons almal soms stokblind. Juis omdat dinge vir ons op skinkborde aangebied word, inlig- ting met die druk van ’n knoppie beskikbaar is en ons met die jare soveel dinge as vanselfsprekend aanvaar. Dan wonder ons waarom probleme ons oorweldig, God vir ons onsigbaar word en of daar nog iets goeds van hierdie lewe kan kom. Ja, die lewe ís hard, maar nie so erg as wat ons dit soms maak nie, want God ís daar, al het ons verleer om Hom raak te sien. Wanneer ons met die ingesteldheid leef om God in ons alle- daagse te soek, beleef ons dat Hy toe eintlik nie so versteek is as wat ons onsself wysmaak nie. Die Gees leef hier tussen ons. Hy werk langs ons. Laat dinge gebeur om ons. Verander ons harte in ons: As ons Hom net wil raaksien, raakhoor, raakleef. Doen in hierdie volgende paar dae moeite om God raak te sien in jou gewone lewe: daar agter jou lessenaar, in die oë van die mens voor jou, in gebeure wat, teen verwagting in, positief uitgewerk het. Of hoor Hom sommer net weer in die koer van ’n duif, die gedreun van jou bakkie, die klank van potte en panne as jy vanaand die huis instap... die stilte wat oor die skemer sak. Soek God, want Hy is daar! Hy is aktief besig in die wêreld en in die lewens van Sy kinders. Ook in jóú lewe. Wanneer jy Hom so raakleef, verander jou perspektief, word die donker ligter, die swaar op jou gemoed sagter en die mense om jou anders, want jý kyk anders na dinge. Jy sien die strale oor ’n donker land, jy voel die liefde in ’n ander se hand en jy weet: Hy ís hier. Hier in, om, by en voor my. Daarom kan ek met verwagting lééf. Vader, verander asseblief my blindwees na heldersiendheid. Ja, maak my weer gefokus op Wie U is. En wie ek daarom deur U kan wees. Wen met Senwes en Cum Uitgewers Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspi- rasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 30 September 2018. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompe­tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. 68 SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018 Bacon and date appetiser YOU PROBABLY NEVER imagined this combination did you? Well, we found this interesting, mouth-watering morsel from a blogger who apparently enjoyed it at a Native American wedding. So, if you really want to impress your pals at your next braai, serve them this delicious appetiser and share a bit of Native American culture at the same time. INGREDIENTS • 300g of pitted dates • 200g of almonds • 500g of bacon Preparation time 35 mins Cooking time 5 mins Ready in 35 mins Serves 6 560 calories DIRECTIONS Preheat the oven (on grill). Slit dates. Place one almond inside each date. Wrap date with bacon, using toothpicks to hold them together Grill for 10 minutes or until bacon is evenly brown and crisp.