GRAANMAKELAARS | GRAIN BROKERS
Kenmerke van ’n
optimale verskansingstrategie
Ons het reeds aandag gegee aan die faktore wat ’n produsent se verskansingsbesluit
sal beïnvloed, asook die vraagstuk oor markeffektiwiteit. Die slotsom van die laaste
artikel was dat markte wat soos die JSE-landbouproduktemark oorwegend likied is
en soos die spesifieke navorsing bewys, voldoende reageer na aanleiding van nuwe
inligting. Dit impliseer dat die mark wel ’n effektiewe platform aan rolspelers bied om
prysbestuur toe te pas. In hierdie uitgawe kyk ons na wat die navorsing oor verskillende
verskansingstrategieë oor tyd bevind het.
Deur Frans Dreyer
Bestuurder: Senwes Graanmakelaars
D
ie begrip verskansingstrategie
hou verband met die strategie
of bemarkingsplan wat ’n pro-
dusent kan volg om die waarde
van produksie vas te stel of te beskerm
deur middel van afgeleide instrumente.
Verskansing as sulks bly egter van die
moeiliker besluite waarmee produsente
elke seisoen gekonfronteer word. ’n
Produsent moet tevrede wees met die
realiteit dat verskansingsbesluite vir ’n
oes, wat dalk nog geplant en gewoonlik
nog gestroop moet word, wel geneem
word op grond van die inligting wat op
daardie spesifieke tyd beskikbaar was.
Hierdie realiteit maak die implementering
van ’n verskansingstrategie, eerder as
lukrake verskansingsbesluite, ’n minder
60
riskante benadering.
Verskansingstrategieë word dienoor
eenkomstig gereeld nagevors om te
bepaal watter tipe strategie oor tyd die
beste resultate sal oplewer. Internasionale
verskansingstrategienavorsing kon wel nie
konsensus bereik oor ’n optimale strate
gie nie, maar sekere karaktereienskappe
van ‘n optimale verskansingstrategie is
wel geïdentifiseer. Hierdie eienskappe
sal deurlopend in die res van die artikel
aangeraak word. Die ontwikkeling van
verskansingstrategieë binne die Suid-Afri
kaanse markkonteks is dienooreenkomstig
geskoei op internasionale navorsing.
Die eerste noemenswaardige navorsing
in die verband is kort na deregulering deur
Grönum en Van Schalkwyk (2000) gedoen.
Hul resultate het verband gehou met die
spesifieke optimale karaktereienskap dat ’n
strategie sodanig aanpasbaar moet wees
dat onvoorsiene prysreaksies as gevolg
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018
van produksierisiko’s binne die strategie
geakkommodeer of geabsorbeer kan word.
’n Belangrike aspek wat uitgelig is, is dat ’n
strategie wel prys- en inkomsterisiko moet
aanspreek deur koste van produksie in ag
te neem. ’n Bemarkingsbesluit moet dus
geskoei wees op winsgewendheid.
Verdere navorsing deur Scheepers
(2005) was van die eerste studies waar
drie verskillende strategieë vergelyk is
met die alternatief om glad nie te verskans
nie en slegs na strooptyd te verkoop. Die
eerste str