FINANSIES | FINANCES
DEEL I
Boerderyskuld
Stappe om die finansiële posisie van 'n boerdery te verbeter
Volgens statistieke van die Nasionale Departement van Landbou, Bosbou en Visserye het
boerderyskuld gedurende die periode 2014 tot 2017 met sowat R34 689 miljoen, oftewel
30%, toegeneem en is die verwagting dat dit gedurende 2018 die R160 000 miljoen vlak
kan bereik, wat ’n skuldlas van sowat 35% sou impliseer.
Deur Johan du Toit
Bestuurder: Senwes
Landbou-ekonomiese Dienste
G
emeet aan algemeen aan-
vaarde norme, neig dit na
die hoë kant. Dit moet gesien
word teen die agtergrond
van ’n verlangsaming (selfs daling) in
grondpryse, strenger monetêre beleid en
politieke onsekerheid.
Elke boerdery beskik oor ’n unieke
stel omstandighede en gevolglik is dit
noodsaaklik om die impak daarvan op die
finansiële posisie so akkuraat moontlik te
bepaal eerder as om te wil veralgemeen.
LOGIESE VERTREKPUNT – OM TE
MEET IS OM TE WEET
Doen ’n deeglike ontleding van die
totale boerderybesigheid (alle entiteite)
se finansiële posisie. Tendensanalise
van kritiese finansiële en doeltreffend-
heidsverhoudings vanuit vergelykende
balans- en inkomstestate oor tyd asook
kontantvloeibegroting is noodsaaklik.
Hoe meer intyds, volledig en betrou-
baar die bestuursinligting, hoe vinniger
en akkurater die ontleding, diagnose
en implementering van proaktiewe of
regstellende maatreëls.
Senwes Credit se Landbou-ekonomiese
Dienste beskik oor ’n E-Buro diens wat
juis ten doel het om sodanige ontleding
vir u boerdery op ʼn jaarlikse grondslag
te kan doen en te monitor.
Doen ’n strategiese ontleding (SWOT-
analise) en hersien korttermyndoelwitte
en langtermyndoelstellings waar nodig.
50
Proaktiewe optrede deur gebruik te
maak van scenariobeplannings stel
u in staat om sinvol met u boerdery
se finansiers te praat. Probleme kan
sodoende betyds geïdentifiseer en
gesamentlik aangespreek word.
Bepaal uit bogenoemde ontleding of
probleme kort- of langtermyn van aard
is aangesien dit verskillende optrede
en oplossings gaan verg.
OORWEGINGS OM KORTTERMYN-
DRUK TE VERLIG
Korttermyn finansiële probleme (gewoon-
lik gebrek aan likiditeit/kontantvloei) wat
nie die gevolg van swak bestuur is nie
(onvoorsiene terugslag), kan relatief mak-
lik reggestel word deur byvoorbeeld die
volgende:
Bekom oorbruggingsfinansiering.
Onderhandel tydelike moratorium op
paaiementbetalings.
Verkoop van onproduktiewe boerdery
bates – maak balansstaat meer vaart-
belyn. Produktiewe bates behoort min-
stens 75% van totale bates uit te maak.
Addisionele vee/surplus graanverkope
– kuddebou of berging van graan ten
tye van ernstige kontantvloeidruk het
selde die gewenste uitwerking.
Aanwending van finansiële reserwes –
realiseer korttermynbeleggings, afkoop
van polis(se) en leen teen uitkeer-
polisse as werklike laaste uitweg.
Onderhandel verlengde betalingsplanne
vir termynskuld en batefinansiering.
Konsolidasie van opgehoopte kortter-
mynskuld, gegewe boerdery is steeds
SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018
onder genormaliseerde omstandighede
daartoe in staat om konsolidasiepaaie
ment te diens. Waar O/R harde kern
gekonsolideer word, behoort limiet
dienooreenkomstig verminder te word.
Voorraadbestuur – beperk “dooie”
voorraad tot die minimum. Korting op
vervroegde aankope moet addisionele
finansieringskoste wat aangegaan
is oorskry om dit wel te regverdig.
Maak dus seker tradisionele Februarie
belastingaankope hou wel die nodige
kontantvloeivoordele in.
Maak seker die finansieringstermyn(e)
stem ooreen met bruikbaarheidsleeftyd
van bate.
Effektiewe bestuur en vordering van
debiteure. Uitstaande debiteure van
60 dae plus behoort indringend aan
gespreek te word.
Ongeag welke opsie(s) oorweeg word, is
dit noodsaaklik om die wenslikheid (prak-
tiese uitvoerbaarheid en lewensvatbaar
heid) daarvan aan die hand van ʼn volle-
dige 12 – 24 maande kontantvloeibegrot-
ing te toets. Senwes Landbou-ekonomiese
Dienste kan u hiermee behulpsaam wees
- kontak ons gerus.
* In die volgende uitgawe van Senwes
Scenario word daar in Deel 2 gekyk na
moontlike opsies wat oorweeg kan word
wat ’n langer termyn impak op die finan-
siële posisie en struktuur van boerdery-
besigheid tot gevolg kan hê.
Vir enige navrae kontak:
Johan du Toit, Bestuurder: Senwes
Landbou-ekonomiese Dienste
018 464 7543