Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 39

PRODUCER FOCUS | PRODUSENTFOKUS Julias Ramohlabi, Senwes Bestuurder: Ontwikkelende Produsente, besoek gereeld Dirlyn Boerdery om studente meer te leer rakende die finansiële aspekte van boer. Dirk de Beer en die drie studente wat hy mentor vanjaar. Van link na regs is Khuzelemvelo Nyokana, Dirk De Beer, Mohau Sekhele en Lenah Gaonewe. Afronding van aspirant produsente Senwes klant Dirk de Beer is daartoe verbind om ’n verskil in die lewens van jong landboustudente te maak. Hy bied praktiese opleiding en mentorskap op sy plaas, Dirlyn Boerdery, net buite Bloemhof in die Vrystaat.  Deur Kefiloe Manthata Senwes Kommunikasie Gegradueerde D irk sê dat sy motivering om hierdie jong studente te help, afkomstig is van sy liefde vir die grond en sy begeerte om dit te bewaar. “Jy kan nie van iemand wat nie ’n verhouding met die grond het, ver- wag om goeie besluite daaroor te neem nie. Dit is wat ons hierdie studente leer. “Ons wys hulle hoe om die grond te bewerk, hoe om dit te behandel, hoe om dit te voed, sodat dit hulle weer kan voed. Ons verskaf ’n realistiese en praktiese idee van wat dit werklik verg om ’n plaas te bestuur.” De Beer glo dat die geheim vir die groei van die landboubedryf in Suid- Afrika, geleë is in belegging in jong mense. Ons moet seker maak dat hulle die nodige teoretiese kennis opdoen en dat hulle die instinkte wat nodig is ontwik- kel - dit is van die uiterste belang vir die behaling van boerderysukses. De Beer mentor drie studente hierdie jaar. Lenah Gaonewe, Mohau Sekhele en Khuzelemvelo Nyokana. Gaunewe, wat oor ’n Nasionale Diploma in Landbou­­besproeiing beskik, is nou die koördineerder van die leerlingskap op die plaas, terwyl sy besig is om ’n B.Tech graad in Oesproduksie te voltooi. Sy is innig dankbaar vir die geleent­ heid wat De Beer aan haar bied deur hierdie leerlingskap. “Alles is so anders as in die klaskamer. ’n Mens het geen benul van dit wat jy op skool leer totdat jy dit prakties toepas nie. Wat mnr Dirk vir ons doen is van onmeetbare waarde. Ons kan nooit genoeg dankie sê nie.” Haar dankbaarheid word deur beide Nyokana en Sekhele gedeel, wat ook nie uitgepraat kan raak oor die verandering in perspektief wanneer ’n mens van die klas- kamer na die plaas verskuif nie. Sekhele is van Virginia in die Vrystaat. Hy is ’n tweedejaar Landboubestuurstudent by die Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT) in Bloemfontein. Hy vertel hoe moeilik dit vir studente is om die regte plaas te vind vir hul praktiese opleiding. “Ek het regtig gesukkel. Ek het so baie oproepe gemaak en moes vêr ry vir hierdie geleentheid. Dit is waarom ek vasberade is om ’n sukses daarvan te maak.” Senwes Bestuurder: Ontwikkelende produsente, Julias Ramohlabi, werk saam met De Beer en leer die studente die finansiële aspekte met betrekking tot die bestuur van ’n plaas. Hy bied klasse op die plaas aan, waar hy hulle leer van kon- tantvloei en begrotings om seker te maak hulle verstaan hoe om die besigheids­ aspek te bestuur. SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018 37