Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 30

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Beplanning vir die komende seisoen Die reënvalverspreiding het die afgelope seisoen groot uitdagings aan produs­ente gestel. Die gevolg was dat verskeie gewasse laat geplant is. Dit het die kwaliteit en afdroging van gewasse grootliks beïnvloed.  Deur Petrus van Staden en Ian Bothma HOU DIE VOLGENDE IN GEDAGTE MET U SEISOENBEPLANNING:  Sodra al die oeste ingesamel is, kan produsente die afgelope seisoen ontleed in terme van dit wat verlede jaar beplan is en wat nou gerealiseer het. Gebruik opbrengsdata en evalueer dit saam met grondfisiese en -chemiese data om onder andere die volgende te ontleed: • Finansiële verlies as gevolg van grondpotensiaal of voedingstatus. Grondpotensiaal en grondontleding is baie belangrike besluitnemings­- hulpmiddels om die bemesting volgens grondpotensiaal vir die komende seisoen te bepaal. • Die kultivarpakket wat u kies. Beplan vir die langtermyn­gemiddeld in ʼn semi-ariede gebied. • Plantpopulasie en rywydtes. • Plantdatum op grond van die historiese data vir elke land. • Herevalueer die bewerkingstelsel en volg praktyke wat grondvog bewaar. 28 ’n Opbrengsverskil van byvoorbeeld 500 kg/ha kan teen heersende prysvlakke ’n groot invloed op wins-­ gewendheid hê.   Hou die bekalkingsprogram (derde     van die lande elke jaar) in stand om seker te maak dat die persentasie suurversadiging nie die opbrengs nadelig beïnvloed nie. Neem grondmonsters so spoedig moontlik na stroop om ’n bottelnek by die laboratoriums te voorkom. Waar baie goeie opbrengste behaal is, doen “spot check”-ontledings wat kan help met kunsmisaanbevelings. Dis belangrik om potensiële verliese in die hele produksieproses te identifiseer om winste te verhoog. Tyd is ’n baie belangrike faktor en daarom moet die produksieproses glad verloop. Kontak kundiges om te sien waar presisietoerusting van hulp kan wees. Maak seker u het die regte keuse van trekkers en implemente om SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018  elke aksie effektief en doeltreffend te kan uitvoer. Voorsien buigbaarheid in u stelsel. Indien strategiese besluite geneem word ten opsigte van alternatiewe gewasse, doen deeglike navorsing en implementeer dit stapsgewys. Dit is raadsaam om finansiële begro­ tings, wat oor die somer­produksie­ seisoen (September – Augustus) strek, nou aan te pas namate groter sekerheid verkry word met betrekking tot opbrengs en prys. Deur dit te doen, kan tydige reëlings met krediteure onderhandel word, indien nodig. Potensiële surplusse en die aanwending daarvan kan ook met groter akkuraatheid bepaal en beplan word. Vir enige navrae oor presisie­ ontledings, kontak gerus vir: Ian Bothma (SGS NviroCrop Streeks­bestuurder): 082 904 4110 of e-pos [email protected]) Petrus van Staden (Senwes Senior Agronoom): 076 219 3778 of e-pos [email protected].