Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 16

LANDBOUKUNDIG | AGRICULTURAL Voerbronne op ’n graanplaas Wat is die waarde en gebruik vir veeproduksie? In die vorige artikel van Vee + graan = ’n slim keuse, is na verskillende voerbronne verwys wat tipies op ’n graanplaas geproduseer en vir diereproduksie, spesifiek beesproduksie, aangewend kan word. Hoe kan die waarde van hierdie verskillende voerbronne ten beste benut word?  Deur dr Kobus Swart Dierevoedingskundige O ngeag die produksiestelsel wat gekies word, is dit die pri­mêre voedingstowwe wat diere nodig het vir produksie, energie, proteïene en minerale. Op ’n graanplaas word hoofsaaklik voere gepro- duseer wat energie voorsien in die vorm van grane wat styselryk en ruvoere wat veselryk is. Energie is altyd die belangrik- ste en duurste komponent van voer en is dit waarom ’n graanplaas die mededingen- de voordeel vir diereproduksie het. 14 VERTEERBAARHEID MAAK DIE VERSKIL Die verteerbaarheid van hierdie voere verskil, wat belangrik is om in ag te neem. Die biochemiese samestelling van die voer bepaal hoe maklik die energie vrygestel en aan die dier vir produksie beskikbaar ge­­ stel word. Hoe hoër die veselinhoud (NDF) hoe stadiger word voer verteer, hoe laer is die daaglikse vrywillige voer- en energie-in- name en ook hoe laer is die daaglikse pro- duksie (groei). Beeste kan die oesreste wat geproduseer word, verteer en sowat 50% van die energie wat in mielies of Hominy Chop per kilogram is, daaruit benut. Hominy Chop word as ’n voerbron genoem SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018 omdat dit gewoonlik as ’n maalproduk in graanproduserende gebiede beskikbaar is. Die styselryke voere kan weer die diere maklik siek maak (suurpens) indien dit nie saam met genoeg vesel en in gebalan- seerde voer verskaf word nie. VOERE MOET GEBALANSEER WORD Saam met die energiebronne moet die nodige proteïen (stikstof) en minerale ook verskaf word om die voer te balanseer en te verseker dat die voer effektief verteer kan word. Die proteïen- en mineraalbronne kan maklik en koste-effektief aangevul word. Die tipiese voedings­waarde van voerbronne wat op ’n graanplaas gepro-