Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 10

NUUS| NEWS Senwes gaan in die volgende jaar R40 miljoen aan inligtings­ tegnologie bestee. Landbou bevind homself midde-in die innovasiespasie. 06 | Nou en die toekoms in met Senwes Beleggings - Innoverend die toekoms in Senwes gaan in die volgende jaar R40 miljoen aan inligtingstegnologie bestee. Landbou bevind homself midde-in die innovasiespasie. Intellek word ingebring om oplossings teweeg te bring. Hoekom? Want slegs as klante se besigheid groei, kan ons besigheid op die rug daarvan groei. Ons het ’n sekere spasie binne die waardeketting en ons sal aanhou om daar­ binne te innoveer en te diversifiseer tussen kommoditeite, handelsmerke, vennote en geografiese areas, selfs internasionaal. Gronddebat en die toekoms Prestasie word aangespoor waar daar eiendomsreg en sekerheid is, waar beleg- gings groei. Om grondhervorming te be­­ werkstellig hoef artikel 25 nie te verander nie. Daar is 6 000 onproduktiewe plase in regeringsbesit. Begin daarmee, maak dooie balansstaatitems lewendig deur mense aktief betrokke te kry. Senwes het ’n geskrewe voorlegging vir die parlement gelewer en hoop om ook ’n fisiese voor- legging te doen. Daar kan eers werklik iets gedoen word wanneer finale besluite, aksieplanne en werklike implementeerbare idees in die wetgewing vasgevang word. VERHOUDINGS IS DIE STABIELE GROND – NOU EN VORENTOE Deur verhoudings te bou en te hand- haaf kry jy proaktief raad en mense wat by jou staan. Verhoudings dra jou deur moei­ like tye. Onthou, 8 langtermynverhoudings is nie in handels­ name gevestig nie. As ’n klant sê dat Senwes hom sal help, bedoel hy eintlik sy takbestuurder, silobestuurder, ensovoorts. Tydens onstabiliteit raak verhoudings belangriker, want verhoudings bied oplos­ sings, help jou opstaan en voortgaan en dít moet die permanente oplossing wees. Verstaan presies wat die klant wil hê Ons verkoop ’n trekker, maar die pro- dusent wil eintlik nie ’n trekker hê nie. Hy soek eintlik ’n geploegte land. Wanneer jy oplossing verkoop, verkoop jy maksimale tyd op ‘n trekker en alles wat produsente benodig. Toekomstige markveranderinge Voedselproduksie skuif al nader aan ver- bruikers, die voorsieningsketting word vin- niger en korter. Ek sien dit gebeur waar al hoe groter hoeveelhede voedsel geprodu- seer word en ontwikkeling vind spesifiek in genetiese manipulering plaas. Verstaan die verbruiker se behoefte om proaktief gesonder te leef Voedselproduksie gaan nie meer slegs oor die produk nie. Dit behels die same- stelling van voedingswaarde en voorkeure wat aangespreek moet word. Ek sien die wêreld totaal anders sover dit die voorsie­ningsketting, tipe produkte, same- stelling van voedsel, voedingspatrone en voorkeure aanbetref. Besighede moet vinnig aanpas, versnel en voorsien in die veranderende en toenemende behoeftes. Dit is presies waar Senwes wil wees. Wat doen ons vandag om oplossings binne daardie tydsraamwerk te bied? Die ant- woord is om deur natuurlike weerstand SENWES SCENARIO | LENTE • SPRING 2018 die bevolking gesonder te hou. Uitvoering altyd deurslaggewend Maak tyd vir die uitvoering van planne. Eers wanneer finansies belê is, in werking is en die uitkoms positief is, begin die klant die waarde sien. SLOT Na twee finansiële resultate met winste van R151 miljoen en R167 miljoen, is ’n genor­ maliseerde wins van R311 miljoen in 2017/2018 behaal. Om redelike winste selfs in swak jare te behaal, is ’n strategie. Dit help nie dat ’n R500 miljoen wins op­ge­­­ v­olg word met ’n R120 miljoen verlies nie en dit dan as ‘n strategie verkoop word nie! Die vorige oes van 17 miljoen ton word nou opgevolg deur 13 miljoen ton in hier­ die jaar. Ons weet nie hoe die tweede deel van die seisoen gaan verloop wat reën aanbetref nie, maar daar is redelike vlakke van oordragvog en natuurlik oor- draggraan ook. Hierdie oorvoorsiening van graan duur steeds voort, internasionaal en nasionaal, en veroorsaak dat ons insetkanaal steeds onder druk verkeer. Aan die positiewe kant vermoed ek sagtekommoditeitspryse is by die onderste draaipunt. Ek sien die eerste tekens daarvan. Ons het goeie moed vir ’n verbetering in die insetkanaal- besigheid oor die volgende 24 maande. Indien marktoegangs-, inset- en finansiële dienstebesigheid op dieselfde tyd begin verbeter, kan goeie resultate verwag word. Landbou en voedselkettingverwante besighede is ’n langtermynbesigheid. Daarom belê ons steeds bedrae geld in Senwes om ons klante se toekomstige oplossings te verseker.