Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 8

NUUS

Nou en die toekoms in met Senwes

Francois Strydom , Senwes se Hoof Uitvoerende Beampte .
Dis al oral gehoor . Senwes se wins het met 86,2 % gestyg . Ons spog met ’ n nabelaste wins van R311 miljoen en ’ n opbrengs op openingsekwiteit van 15,7 %. Maar wat beteken dit vir die toekoms ? Senwes Scenario het by die HUB gaan inloer .
� Deur Aubrey Kruger Senwes Scenario redakteur
DIE RESULTATE , DIE MAATSKAPPY EN DIE TOEKOMS

Dit was ’ n goeie jaar omdat die natuur aan ons kant was en ons die regte dinge gedoen het . Mense vra : So dit gaan goed met julle besigheid ? My antwoord is altyd nee , dit gaan nooit goed met ’ n besigheid nie , want alles gaan nie altyd goed nie . Ons is verskriklik dankbaar , maar nooit tevrede nie , want jy moet altyd ’ n ewig onbevredigende behoefte hê om te verbeter .

DIE BASIS - ’ N TOEKOMSSTRATEGIE WAT DIE TOETS VAN TYD DEURSTAAN Ons glo in ’ n deurdagte strategie waar ons baie van min wil weet – “‘ n Duim wyd en myl diep ” -benadering . Mense dink geld word slegs aan die einde van die waarde- ketting gemaak , maar dit is glad nie waar . Ons segment neem insette na die primêre produsent en die produk verder af na die prosesseringskant . In hierdie gefokusde deel van die voedsel waardeketting probeer ons die beste wees .
Diversifikasie in die komende jare Senwes diversifiseer beide geografies , asook oor kommoditeite heen . Ons fokus egter spesifiek op mielies , sonneblom , sojabone en koring - dít is die spel wat ons ken . ’ n Mens moet na die tendense kyk oor ‘ n paar jaar .
Die kern van die besigheid Die kern van die besigheid is hoër volumes , want marktoegang is volumegedrewe . Ons inkomste word nie van die mielieprys afgelei nie , maar deur volume bepaal , wat die afgelope jaar met 180 % toegeneem het . Met sagtekommoditeite is dit egter nooit billik om net een jaar se resultate voor te hou nie omdat mens dan mislei kan word .
OP PAD NA 2030 Ongelukkig is dit ’ n tragedie dat die land se infrastruktuur nie in stand gehou word nie en geplunder word en dit kan tot 10 jaar plus neem om water- , pad- , spoor , krag- en verspreidingsnetwerke weer behoorlik te laat funksioneer . Beleggers hou dit in gedagte .
Die 2019 verkiesing Die verkiesing is op hande en volatiliteit is aan die orde van die dag . Polities meet die goeie kragte teen die slegte . Die gronddebat se temperatuur word opgejaag , stakings vind gereeld plaas en arbeiders word geteiken om hulle ontevrede te maak en onrealistiese verwagtinge te skep . Dit is onmoontlik om nie betrokke te raak nie , maar dit moet uiters omsigtig hanteer word . ’ n “ Wag en sien ” -houding rakende kapitaalprojekte heers . Die grootste gevaar in hierdie tyd is vir die armstes - die probleem is egter dat die verkeerde dinge so mooi aangetrek word dat dit vir die arm ou baie aanloklik lyk .
08
6
SENWES SCENARIO | LENTE 2018