Senwes Scenario Augustus/September 2018 - Page 70

RUBRIEK IN DIE KOMBUIS Kos vir die siel Die lewe maak ons soms stokblind D Milanie Vosloo it moet verskriklik wees om blind te wees, maar om te kan sien maar nie raak te sien nie, is veel erger. Die lewe maak ons almal soms stokblind. Juis omdat dinge vir ons op skinkborde aangebied word, inlig- ting met die druk van ’n knoppie beskikbaar is en ons met die jare soveel dinge as vanselfsprekend aanvaar. Dan wonder ons waarom probleme ons oorweldig, God vir ons onsigbaar word en of daar nog iets goeds van hierdie lewe kan kom. Ja, die lewe ís hard, maar nie so erg as wat ons dit soms maak nie, want God ís daar, al het ons verleer om Hom raak te sien. Wanneer ons met die ingesteldheid leef om God in ons alle- daagse te soek, beleef ons dat Hy toe eintlik nie so versteek is as wat ons onsself wysmaak nie. Die Gees leef hier tussen ons. Hy werk langs ons. Laat dinge gebeur om ons. Verander ons harte in ons: As ons Hom net wil raaksien, raakhoor, raakleef. Doen in hierdie volgende paar dae moeite om God raak te sien in jou gewone lewe: daar agter jou lessenaar, in die oë van die mens voor jou, in gebeure wat, teen verwagting in, positief uitgewerk het. Of hoor Hom sommer net weer in die koer van ’n duif, die gedreun van jou bakkie, die klank van potte en panne as jy vanaand die huis instap... die stilte wat oor die skemer sak. Soek God, want Hy is daar! Hy is aktief besig in die wêreld en in die lewens van Sy kinders. Ook in jóú lewe. Wanneer jy Hom so raakleef, verander jou perspektief, word die donker ligter, die swaar op jou gemoed sagter en die mense om jou anders, want jý kyk anders na dinge. Jy sien die strale oor ’n donker land, jy voel die liefde in ’n ander se hand en jy weet: Hy ís hier. Hier in, om, by en voor my. Daarom kan ek met verwagting lééf. Vader, verander asseblief my blindwees na heldersiendheid. Ja, maak my weer gefokus op Wie U is. En wie ek daarom deur U kan wees. Wen met Senwes en Cum Uitgewers Hoop wat kaalvoet loop is in Augustus 2016 uitgereik en is teen R179.95 op die rakke. Een gelukkige leser kan ’n kopie wen van Hoop wat kaalvoet loop, 101 dagstukke vol hoop en inspi- rasie wat jou siel sal verkwik. SMS Senwes, Cum, jou naam, telefoonnommer en e-posadres na 31022 voor 30 September 2018. Standaard sms-tariewe geld en geen werknemers van Senwes mag deelneem nie. Vir die volledige kompe­tisiereëls, besoek die webtuiste www.senwes.co.za. 68 SENWES SCENARIO | LENTE 2018 Spek en dadel eetluswekkertjie NOG NOOIT GEDINK aan hierdie kombinasie nie? Wel, ons het gedink dis interessant - ’n heerlike happie van ’n blogger wat dit by ’n Amerikaans/Indiaanse troue ontdek het. So, as jy jou vriende wil beïndruk by jou volgende braai, sit hierdie happie voor en deel ’n bietjie Amerikaans/Indiaanse kultuur met hulle. BESTANDDELE • 300g ontpitte dadels • 200g amandels • 500g spek Voorbereidingstyd 35 minute Gaarmaaktyd 5 minute Gereed binne 35 minute Bedien 6 560 kalorieë METODE Voorverhit die oond (boonste rooster). Sny keep in dadels. Sit een amendel in elke dadel. Draai toe met spek en gebruik tandestokke om bymekaar te hou. Bak vir 10 minute of tot spek bruik en krakerig is.