Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 69

TUIN Tuinwenke voor die lente opdaag Deur Carl Kirstein Tuinboukundige D it is nou die tyd om al jou snoeiwerk te doen. Dit geld veral vir jou vrugtebome en rose. Dit is dan ook van toepassing op sierstruike en bome. Onthou om soveel as moontlik van jou knipsels in jou kom- poshoop in te werk. Dit is ook nou die laaste tyd om al die verplantings te doen om sodoende jou tuin ’n ander perspektief te gee, aangesien meeste plante dormant is en dus nie te veel skok sal wys nie. Dit is ook nou ’n goeie tyd om jou wintersgroente in te sit. Dit sluit in blaarslaai, beet, uie, wortels en spinasie. Al die plante is nou in oorvloed beskikbaar by u naaste tuinsentrum. ’n Ander wenk is om die grasperk ’n bietjie langer te laat groei om die wortels teen die ergste koue te beskerm. Terwyl dit nou die tyd is vir snoei en verplanting, is dit ook ’n volmaak- te tyd om die beplanning en uitvoer van die beplanning van u tuin te doen. Dit sluit in verandering van beddings, die bou of plasing van waterbakke en visdamme. Kos en water is nou baie skaars vir die voëls, so plaas asse- blief meer van elk uit en sodoende lok jy meer voëls na jou tuin. Augustus is seker ook die mees onaangename maand van die jaar vir tuiniers. Dit is koud en droog maar dit is belangrik om voor te berei vir die komende lente en somer. Raak nou ontslae van al die onkruid in beddings en op die plaveisel. Bedek u beddings met soveel as moontlik kompos. Moet dit egter nie inspit nie. Gebruik dit soos ’n deklaag. Grasperke kry nou baie aandag om suksesvol te wees in die somer. Sny baie laag en belug die grasperk met ’n vurk of rol­ ler. Die gras moet ook goed bemes word. Dit is oo k nou die maand om stiggies in te lê van u vrugte- bome en rose. Knip lote onder ’n ogie en bo nog twee ogies. Doop in ’n hormoonpoeier en plant in skoon sand. Hou die stig- gies klam en sien hoe hulle in die lente uitloop. Sodra die nuwe plante sterk wortels en blare het, kan dit in u tuin verplant word vanaf November tot Desember. Geniet die tuinmaak en koue weer. Binnekort kla ons weer oor die hitte! SENWES SCENARIO | LENTE 2018 67