Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 65

MARKTE Grafiek 1: Insetkoste teenoor prys Oktober-Desember. seer is. Hoewel daar koste aan hierdie ver- skansing verbonde is, word daar meestal nie meer as een derde van die verwagte produksie nou reeds verskans nie. Die koste van verskansing moet as deel van insetkoste gesien word en op die totale verwagte tonne bereken word. Die opsies wat algemeen beskikbaar is: Minimumpryse: Hierdie tipe kontrak verseker vir ’n kliënt ’n minimumprys (vloerprys), ten spyte van enige verdere markbeweging. Indien die markprys daal, het die kliënt prysbesker­ ming in plek. Indien die mark styg, het die kliënt verder die opsie om teen die hoër, heersende prys te verkoop. Vir hierdie opsie moet daar egter ‘n premie betaal word. Minimum/Maksimum pryse: Hierdie kontrak verseker ook ‘n minimum­ prys teen ‘n laer koste, maar met die belang­rike verskil dat daar ‘n maksi- mumprys ook is. Indien die mark bo die maksimumvlak gaan, is lewering verplig- tend teen die maksimumvlak. Die opsie is goedkoper as ‘n suiwer minimumprys, maar dra ‘n hoër risiko. Sintetiese minimumpryskontrak: Hierdie kontrak behels ‘n vasteprys, met ‘n uit-die-geld call-opsie wat gekoop word om verdere opwaartse potensiaal te be­­ werkstellig indien die mark aggressief sou styg. Tot en met die trefvlak van die opsie bly die enigste prys in plek die vasteprys. Indien die mark verder as die trefvlak van die call-opsie styg, word daar in die ver­dere styging gedeel. Die strategie is goedkoper as ‘n minimumprys en skep steeds opwaartse potensiaal. KPK: Die Kollektiewe Prysingskontrak is deur Senwes daargestel om kliënte te help met verskansing. Hierdie is ‘n kollektiewe verskansingsproduk wat aktief namens kliënte bestuur word. Dit is ‘n konserwa­ tiewe strategie met die doel om verskan­ sing te verseker, terwyl daar steeds ‘n opwaartse potensiaal in die mark oop- gehou word. Die strategie is ‘n risikomiti­ gerende produk, wat die emosie van verskansing uit die besluit uit haal. OPSOMMEND Met die neem van ‘n aanplantingsbesluit word die winsgewendheid van verskil- lende gewasse meestal in ag geneem. ‘n Produsent moet egter nie nalaat om verskansing te doen nie. Sodoende word verseker dat die prys waarop die besluit gebaseer is, steeds gerealiseer kan word in strooptyd. Senwes Marktoegang kan deur middel van die produsentegraanbemarkers, asook Senwes Graanmakelaars, van hulp wees met verskeie voorseisoen bemarkingskon- trakte en verskansingsalternatiewe wat sal inpas by elke produsent se individuele risikoprofiel. SENWES SCENARIO | LENTE 2018 63