Senwes Scenario Augustus/September 2018 - Page 62

GRAANMAKELAARS Kenmerke van ’n optimale verskansingstrategie Ons het reeds aandag gegee aan die faktore wat ’n produsent se verskansingsbesluit sal beïnvloed, asook die vraagstuk oor markeffektiwiteit. Die slotsom van die laaste artikel was dat markte wat soos die JSE-landbouproduktemark oorwegend likied is en soos die spesifieke navorsing bewys, voldoende reageer na aanleiding van nuwe inligting. Dit impliseer dat die mark wel ’n effektiewe platform aan rolspelers bied om prysbestuur toe te pas. In hierdie uitgawe kyk ons na wat die navorsing oor verskillende verskansingstrategieë oor tyd bevind het.  Deur Frans Dreyer Bestuurder: Senwes Graanmakelaars D ie begrip verskansingstrategie hou verband met die strategie of bemarkingsplan wat ’n pro- dusent kan volg om die waarde van produksie vas te stel of te beskerm deur middel van afgeleide instrumente. Verskansing as sulks bly egter van die moeiliker besluite waarmee produsente elke seisoen gekonfronteer word. ’n Produsent moet tevrede wees met die realiteit dat verskansingsbesluite vir ’n oes, wat dalk nog geplant en gewoonlik nog gestroop moet word, wel geneem word op grond van die inligting wat op daardie spesifieke tyd beskikbaar was. Hierdie realiteit maak die implementering van ’n verskansingstrategie, eerder as lukrake verskansingsbesluite, ’n minder 60 SENWES SCENARIO | LENTE 2018 riskante benadering. Verskansingstrategieë word dienoor­ eenkomstig gereeld nagevors om te bepaal watter tipe strategie oor tyd die beste resultate sal oplewer. Internasionale verskansingstrategienavorsing kon wel nie konsensus bereik oor ’n optimale strate­ gie nie, maar sekere karaktereien­skappe van ‘n optimale verskansingstrategie is wel geïdentifiseer. Hierdie eien­skappe sal deurlopend in die res van die artikel aangeraak word. Die ontwikkeling van verskansingstrategieë binne die Suid-Afri­ kaanse markkonteks is dienooreen­koms­­tig geskoei op internasionale navorsing. Die eerste noemenswaardige navorsing in die verband is kort na deregulering deur Grönum en Van Schalkwyk (2000) gedoen. Hul resultate het verband gehou met die spesifieke optimale karaktereien­skap dat ’n strategie sodanig aanpasbaar moet wees dat onvoorsiene prysreaksies as gevolg van produksierisiko’s binne die strategie geakkommodeer of geabsorbeer kan word. ’n Belangrike aspek wat uitgelig is, is dat ’n strategie wel prys- en inkomsterisiko moet aanspreek deur koste van produksie in ag te neem. ’n Bemarkingsbesluit moet dus geskoei wees op winsgewendheid. Verdere navorsing deur Scheepers (2005) was van die eerste studies waar drie verskillende strategieë vergelyk is met die alternatief om glad nie te verskans nie en slegs na strooptyd te verkoop. Die eerste strategie was om alle produ