Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 60

FINANSIERING Grondtransaksies Senwes Credit bied slim finansiële oplossings Die afgelope twee seisoene se gunstiger landboutoestande is stadig besig om die lustelose grondmark te laat oplewe, veral in die hoër potensiaal gebiede.  Deur Francois de Kock Senwes Credit: Hoof Kommersiële Agrifinansiering V ir die produsent is ’n belangrike oorweging in die onderhande­ lingsproses by grondkoop natuur­lik of die produksievermoë van daardie grond die aankoopprys kan terugbetaal – hetsy aan die produsent in gevalle waar eie kapitaal gebruik word, of aan ’n finansier. Om hierdie rede finansier Senwes Credit tot 100% van die produktiewe waarde van die grond, en nie bloot op die basis van ’n generiese afskaling van die realistiese markwaarde van die grond (bv. 50% of 60% van die waardasie) soos baie 58 SENWES SCENARIO | LENTE 2018 ander finansiers nie. Senwes Credit se termynfinansierings­ produk is ’n gewilde finansiële oplossing vir produsente om grondtransaksies te finansier. Termynlenings word slim gestruk- tureer volgens die kontantvloei van die pro- dusent om terugbetaling te vergemaklik. Enkele eienskapppe van Senwes Credit se termynleningoplossings met betrekking tot grondtransaksies: Paaiemente kan maandeliks, kwartaa­l­­- l­iks, halfjaarliks en jaarliks geskeduleer word. Die terugbetaling van die lening kan oor ’n maksimum termyn van tien jaar geskied. ’n Eerste dekkingsverband oor grond met ’n produktiewe waarde wat ten min- ste gelykstaande aan die bedrag van die le­ning is, word as sekuriteit vereis. Indien die aankoopprys van die grond meer as die produktiewe waarde van die grond beloop, word ’n eie bydrae as deposito vereis. As alternatief kan oor- weging ook daaraan gegee word om ’n eerste verband op bestaande landbou­ grond, wat reeds in die klant se naam geregistreer is, as addisionele sekuriteit vir die deposito te gebruik. Rentekoerse is kompeterend met dit wat in die mark aangebied word. Surplus fondse kan in die rekening inbetaal word en later weer onttrek word indien die kliënt die fondse weer sou be­nodig. Rente kan sodoende bespaar word en die lening kan vinniger terug­betaal word. Kontak gerus jou bestuurder agri- finan­siering, of Senwes Credit vir verdere navrae.