Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 6

Tema: isasie an eg M LANDBOUKUNDIG Lentetyd is spuittyd Die spuit van plaagdoders op jou lande is een van die take waar die ruimte vir foute baie klein is in terme van koste, die suksesvolle uitvoering van taak en die beskerming van aangrensende lande.  Deur Martin van Zyl Senwes Groepbestuurder: Innovasie en Geïntegreerde Oplossings P lantbeskermingsprodukte speel ’n belangrike rol in die versekering van voedsel en voedselproduksie wêreldwyd. Aan die ander kant is die gebruik en misbruik van plaagdoders ’n groot bron van kommer met betrekking tot die impak op voedselprodukte in besonder en die omgewing in die algemeen. Ten einde hierdie aspek aan te spreek, is die vermindering en bestuur van plaagdoders van die uiterste belang. Tegnologiese vordering op die gebied van toerusting speel ’n fundamentele rol in die bestuur van plaagdoderneerslag deur presisiebespuiting. Die vooruitgang op die gebied maak dit moontlik om die omvang van plaagdoderverspreiding oor ’n land te varieer volgens die spesifieke eienskappe van die gewas, teenoor ’n eenvormige aan- wending van behandelings. Yamaha Motor Corporation (VSA) het ’n interessante produk in die Nampa Vallei wingerde bekendgestel, naamlik die RMAZ presisiespuithelikopter. 4 SENWES SCENARIO | LENTE 2018 Yamaha RMAX helikopter Kyk ’n video oor die Yamaha RMAX helikopter http://senwes.co/precisionag Daar is vandag 2,500 Yamaha RMAX helikopters in bedryf, wat meer as 2,4 miljoen landbouhektare jaarliks bespuit. RMAX word gebruik vir die bespuiting van baie gewasse, insluitend wingerde, rys, koring, sojabone en groente.