NUUS
Die impak van die
digitale era
Vinniger, intyds en koste-effektief. Drie ken-
merke wat die digitale era, waarin meer en
meer mense begin deel, definieer. Gebruikers
wat alreeds die kopskuif gemaak het, pluk
daagliks die vrugte en deel in al die voordele
wat aanlyn en digitaal bied.
Deur Johan Le Grange
Senwes Digitale Inhoudspesialis
A
s ’n papierlose wêreld waar wolkopberging, WiFi en een
profiel vir verskeie toestelle aan die orde van die dag is
vergelyk word met liasseerkabinette, hope cd’s, landlyn
internetkoppelings en die taak om inligting op veelvul
dige toestelle te dupliseer, leun die skaal van voordele swaar na
die digitale kant.
Digitale transformasie is ’n wedren, maar nie om te sien wie
eerste daar aankom nie - eerder om te sien wie die mark verstaan
en die beste daarbinne kan aanpas. Die digitale era is nie oorle
wing van die sterkste nie, maar moet eerder uit die perspektief van
aanpas of irrelevant raak, beskou word. Dit het ’n omwenteling in
die benadering en manier waarop ons dink, kommunikeer, verbruik,
werk en tyd spandeer veroorsaak, en dit is ons prerogatief om met
die groterwordende digitale gaping op te vang.
Digitale transformasie is aan die gebeur, of ons nou daarvan
hou of nie. Alles beweeg stadig maar seker in ’n digitale rigting en
ons as maatskappy is gerat om diegene wat reeds op die digitale
platforms floreer, te bedien en diegene te help wat graag wil maar
nog nie oorgeskakel het nie. Verder staan ons ook graag dié wat
nie wil skuif, maar besef dat daar nie ’n beter tyd as nou is nie, by.
WAT IS ‘N QR-KODE?
’n Vinnigereaksiekode (Quick Response Code) of QR-kode, is ’n
handige manier om gedrukte media met digitale media te verbind.
Hierdie tweedimensionele kodestelsel dien as ’n deurgang na
meer inligting oor die onderwerp, item of diens waarby dit gedruk
word. Gebruik jou slimfoon en laai ’n QR-kode skandeerder vanaf
jou onderskeie app stores af. Maak die toepassing oop en skan-
deer die kodes soos jy deur die Senwes Scenario lees
vir meer relevante inligting. Skandeer dié QR- kode om
in te skryf vir die Senwes Scenario-tydskrif en/of eSce-
nario-nuusbrief: http://senwes.co/subscribe.
56
SENWES SCENARIO | LENTE 2018