Senwes Scenario Augustus/September 2018 | Page 54

FINANSIES

Aandeleterugkoopskemas teenoor koop- en verkoopooreenkomste

Die mees algemene metode om ’ n aandeelhouer se belang in ’ n besigheid te koop , is in die vorm van ’ n koop-en-verkoopooreenkoms , wat aangegaan word tussen die aandeelhouers van ’ n sake-entiteit in hul persoonlike hoedanighede . Die individuele aandeelhouers verseker mekaar se lewens , waardeur die oorlewende aandeelhouers befonds word om die oorledene of gestremde aandeelhouers se aandele te koop .
� Deur Lucas Coetsee Liberty Regspesialis

Sedert die wysiging van die Maatskappywet , nr . 71 van 2008 (‘ die Wet ’), is dit nou moontlik vir ’ n maatskappy of ’ n beslote korporasie ( BK ) om sy eie aandele terug te koop in die vorm van ’ n aandeleterugkoopskema , onderhewig aan artikel 46 van die Wet . Dit bied aandeelhouers ʼn alternatiewe opsie om hul aandele te verkoop by dood of ongeskiktheid .

Om dié rede is dit moontlik vir ’ n maatskappy of ʼn BK om ʼn polis op die lewe van ’ n aandeelhouer uit te neem en vir die maatskappy om die opbrengs aan te wend vir die terugkoop van sodanige aandeelhouers se aandele . Dit is egter belangrik om daarop te let dat ’ n maatskappy wat sy eie aandele terugkoop , nie die aandele op sigself kan hou nie . In dié geval moet die aandele eers gekanselleer word en effektief herstel word tot die status van gemagtigde onuitgereikte aandele .
DIE WET SE VEREISTES OM ’ N AANDELETERUGKOOPSKEMA TE DOEN :
• Die skema moet gemagtig word deur die statute van die maatskappy en goedgekeur word deur middel van ’ n spesiale besluit deur die direksie van die maatskappy ;
• Die maatskappy mag nie sy aan dele terugkoop nie indien daar redelike gronde is om te glo dat die maatskappy nie sy skuld kan betaal soos dit verskuldig is nie of dat die billike waarde van sy laste die billike waarde van sy bates sal oorskry nie . Dit staan ​bekend as die solvensie- en likiditeitstoets ;
• Die aandele mag nie deur die maatskappy of BK verkry word indien dit sou lei tot slegs omskepbare of aflosbare aandele wat as uitgereikte aandele oorbly nie .
BOEDELBELASTINGIMPLIKASIES ’ n Koop-en-verkoopooreenkoms wat deur lewensdekking gefinansier word , val onder die bepalings van Artikel 3 ( 3 ) ( a )
( iA ) van die Boedelbelastingwet , en indien aan alle vereistes van hierdie afdeling voldoen word , sal die opbrengs van die polis nie in die oorledene se boedel belasbaar wees nie .
’ n Vereiste van artikel 3 ( 3 ) ( a ) ( iA ) is dat die polishouer , sowel as die versekerde lewe , aandeelhouers in die entiteit ( maatskappy ) moet wees . Aangesien ʼn maatskappy wat ’ n aandeleterugkoopskema gebruik , nie aandele kan hou nie , sal dit volg dat die spesifieke vereistes van Artikel 3 ( 3 ) ( a ) ( iA ) nie nagekom sal word nie ( die maatskappy kan nie ʼn vennoot van die aandeelhouer wees nie ), en dat die vrystelling van boedelbelasting nie van toepassing sal wees nie .
Indien daar geen boedelbelastingvrystelling van toepassing is op aandeleterugkooppolisse nie , sal die polis ingesluit word in geagte bates in die lewensversekerde se boedel en sal boedelbelasting daarop betaalbaar wees . Die begunstigde ( maatskappy ) van die lewensversekeringspolis sal dan verantwoordelik wees vir die betaling van die boedelbelasting .
52
SENWES SCENARIO | LENTE 2018